Artikels
Subscribe
Omsendbrief 21/2021
Administratief
June 17, 2021
H/S Pretoria-Noord se huidige situasie- ons het tans 23 leerders en 1 ondersteuningspersoneellid wat positief getoets het. Daar is tans 62 leerders en 3 ondersteuningspersoneel in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Omsendbrief 20/2021
Administratief
June 10, 2021
Dit is vir ons aangenaam om bekend te maak dat ons onderhoude vir die vakante sportkoördineerders-pos afgehandel is en uit die 86 aansoeke wat ontvang is, verwelkom ons vir Mnr. Johan Schoeman op ons personeel. Hy sal die pos aan die begin van die Derde Kwartaal betrek. Mnr. Johan Schoeman is ‘n oud leerder van Hoërskool Pretoria-Noord, was onderwyser en dosent in LO en het vir baie jare gedien op die bestuur van die Blou Bulle Rugby Unie.

Top 10 Leerders Eerste kwartaal 2021
Administratief
June 03, 2021
Top 10 leerders vir 2021 - Eerste kwartaal

Omsendbrief 19/2021
Administratief
June 03, 2021
Vanweë die stygende getalle infeksies en ons terug beweeg na vlak 2 inperking toe, het die Minister van Basiese Onderwys nuwe regulasies uitgevaardig. Ons moes der halwe al ons kontaksportoefeninge, asook revue- en kooroefeninge staak.

Omsendbrief 18/2021
Administratief
May 28, 2021
H/S Pretoria-Noord word vanoggend ontwrig deur gerugte oor COVID 19 kontak. Leerders misbruik verder die situasie deur te beweer hulle het kontak gehad met positiewe COVID 19 gevalle sodat hulle huistoe kan gaan.

Omsendbrief 17/2021
Administratief
May 27, 2021
Vanweë die stygende getalle infeksies het die Minister van Basiese Onderwys op Woensdag, 19 Mei, in ‘n persverklaring alle skole kontaksport opgehef. Alle hokkie, netbal en rugby ligawedstryde is hiermee tot verdere kennisgewing opgehef. Wintersportoefeninge sal voortgaan en gefokus word op fiksheid en vaardighede, maar geen kontak nie.

Omsendbrief 16/2021
Administratief
May 20, 2021
H/S Pretoria-Noord se huidige situasie, ons het tans twee leerders en een onderwyser wat positief getoets het, al die gevalle het die virus tuis opgetel by gesinslede, daar was geen direkte kontak met enige persoon by die skool nie. Daar is tans 14 leerders in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Omsendbrief 15/2021
Administratief
May 13, 2021
U is reeds bewus van die nuwe vlaag COVID 19 gevalle wat ons land tref en ook die impak daarvan op verskeie skole. Hierdie situasie word nou gebruik om vals gerigte te versprei wat net verdere chaos en spanning veroorsaak, iets wat ons op hierdie stadium beswaarlik kan bekostig.

Omsendbrief 14/2021
Administratief
May 10, 2021
Ons eerste week terug na normale skoolbesoek het goed verloop en ons is dankbaar om ons kinders terug te hê. Skoolbywoning vir die week - graad 8 - 95%, graad 9 - 95%, graad 10- 93%, graad 11 - 96% en graad 12 - 95%.

Omsendbrief 13/2021
Administratief
April 22, 2021
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons eergister formeel toestemming vanaf ons distrik direkteur ontvang het om terug te kan keer na 100% kapasiteit toe op ons Beheerliggaam se versoek. Ons sal der halwe vanaf 3 Mei 2021 weer normaal skool gaan...