Omsendbrief 12/2022

Omsendbrief 12/2022

Administratief
April 11, 2022


OB: 12 / 2022

Geagte ouers
Tennis

7 April:

PNHS 0/15 seuns v/s Montana. PNHS wen met 50½ potte teenoor 16½. Geluk aan Ruan Louw (11-10), Egin van der Watt (9-2), Davie Pieterse (11-0) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons seuns 0/15 se tweede ligawedstryd, waarvan hulle 1 wen en 1 verloor.

8 April:

PNHS 1ste seuns v/s Southdown College. PNHS verloor met 26 potte teenoor 31. Geluk aan Owen Kuhn (9-2) wat sy wedstryd wen. Owen Kuhn en Arno Mostert (8-4) wen hulle dubbelswedstryd. Dit was ons seuns 1ste span se derde ligawedstryd, waarvan hulle 1 wen en twee verloor.

Wintersport
Hokkie: Pretoria Liga 1: PNHS v/s Curro Hazeldean, 7 April 2022, weg
Skool PN CH PN CH PN CH PN CH PN CH
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 1 0 0 3 3 5        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 1 - 1 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
NWU 16 reeks: Semi-Finaal, 9 April 2022, Vryheid.
Skool PN Volks PN Pion PN Fer PN Volks PN Volks
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 2 0 0 4 1 15 1 10 0 1
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - 0 - 1 -
Verloor 2 - 1 - 4 - 3 - 3 -
Gelyk 1 - 3 - 0 - 1 - 0 -

Volks = Volksrust / Pion = Pionier / Fer = Ferrum

Skool PN PR PN PR PN PR PN PR PN PR
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 17 22 5 14 24 17 0 19 17 24
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 3 - 3 - 3 -
Verloor 1 - 1 - 0 - 1 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 1 - 0 - 0 -

PR = Piet Retief

Skool PN Fer PN Fer PN Pion PN Pion PN Pion
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 9 13 17 19 20 13 Uitgereën Pionier wen op doeltelling      
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 3 - 3 - 1 - 2 -
Verloor 2 - 1 - 1 - 2 - 2 -
Gelyk 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -

Finaal vind plaas op 22 en 23 April 2022 op Noordwes-universiteit sportterrein.

Noord-Gauteng: Fisiese Wetenskap Waterkompetisie, Zutari-kantore Menlyn, 9 April 2022

Baie geluk aan ons twee spanne:

5de plek vir Mariska van Oordt en Neil Pratt.
3de plek en R 200-00 prysgeld vir elke lid: Cody Lottering, Chanté Stander en Dewald Grobler.

Werksgeleenthede
  1. Een van ons terrein-assistente het bedank en dit laat ons met ‘n vakante pos.
    • Salaris is ‘n insluitende pakket van R 71 839-00 per jaar.
    • Aansoeke kan per hand ingedien word by die navraetoonbank of elektronies gestuur word na [email protected] vir aandag die hoof.
    • Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 29 April 2022 om 14H00.
  2. Mev. A. Venter by ons Finansiële kantoor het bedank. Vakante krediteure pos beskikbaar.
    • Salaris is ‘n insluitende pakket van R 293 609 per jaar.
    • Aansoeke kan per hand ingedien word by die navraetoonbank of elektronies gestuur word na [email protected] vir aandag die hoof.
    • Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 22 April 2022 om 14H00.
Jaarblad 2021

Alle ouers wat verlede jaar, hulle jaarblaaie bestel en betaal het en dit nog nie ontvang het nie moet asseblief dringend hulle bewys van betaling na Mev. K Portheine in K 20 stuur vir ontvangs van hul 2021 jaarblad.


Program vir die week
Maandag, 11 April:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Mnr. en Mej PNHS inskrywings open.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Rugby Akademievergadering, 17H30, Konferensiekamer.
  • Gasvryheidstudies: Restaurant Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 12 April:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Landloopuitdunne, PNHS atletiekbaan, 14H00 – 16H00
  • Graad 12: Addissionele Akademiese uur, Sleutel 1, 14H15 – 15H15
Woensdag, 13 April:
  • Graad 8 – 12, dag 6
  • Graad 12: Addissionele Akademiese uur, Sleutel 2, 14H15 – 15H15
  • Skaak: Liga 1: PNHS v/s Amandasig, 14H30, weg.
  • Krieket Akademie vergadering, K2, 18H00
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 14 April:
  • Graad 8 – 12, dag 1
  • Kwartaal 1 rapporte uit aan leerders.
Vrydag, 15 April:
  • Vakansiedag: Familiedag
Maandag, 18 April:
  • Vakansiedag: Familiedag
Dinsdag, 19 April:
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • PNHS graad 7 opedag, 16H00 – 20H00.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug