Omsendbrief 14/2022

Omsendbrief 14/2022

Administratief
May 03, 2022


OB: 14 / 2022

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons het afskeid geneem van Mev. N Strydom by graad 8 Afrikaans op 29 April, sy het ‘n pos aanvaar by L/S Die Poort.
  • Ons verwelkom Mej. B Filter van Pongola Akademie in die plek van Mev. N Strydom.
  • Baie geluk aan Mnr. G van Aswegen wat opgeneem is in die Gauteng-Noord mans hokkiespan.
Seuns hokkie: liga 3: PNHS v/s Erasmus, 28 April 2022

PNHS 1 speel gelykop met 1-1 teen H/S Erasmus. Ons seuns het 3 ligawedstryde gespeel waarvan hulle 2 wen en 1 gelykop speel.

Tennis

29 April:

PNHS 1ste seuns v/s H/S Centurion. PNHS wen met 59 potte teenoor 11. Geluk aan Lourens du Plessis (6-5), Owen Kuhn (10 -1), Arno Mostert (11-0) en Zander Bronkhorst (10-1) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons seuns 1ste span se vierde ligawedstryd, waarvan hulle 2 wen en 2 verloor.

Netbal: Pretoria Jubalee reeks: Liga 2: PNHS v/s H/S Wonderboom, 29 April 2022, tuis
Skool PN Won PN Won PN Won PN Won PN Won
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 7 19 23 11 9 23 13 16 27 34
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 2 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 0 - 1 - 2 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Pres PN Pres PN Pres PN Pres PN Pres
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B     2de 2de
Dogters 5 13 1 28 6 29     17 18
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 1 - - - 0 -
Verloor 1 - 2 - 1 - - - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - - - 0 -
English Evening, 26 April 2022

Baie dankie aan al ons deelnemers. Baie geluk aan die volgende wenners:

Toesprake:

Maruché Smith (1ste)
Chanté Stander (2de)

Voordrag:

Nantes Niemand (1ste)
Kaylee du Plooy (2de)
Kayla Roets (3de)

Tweede Kwartaal: Interna Vasvra Kompetisie, 20 Maart 2022

Dankie aan al ons deelnemers. Baie geluk aan die volgende wenners:

Graad 8:

Dehan Joubert (70%)
Ethan Viljoen (67,5%)
Santino Engelbrecht, Meűre Viljoen en Arné Vorster (65%)

Graad 9:

Clarissa Jardim en Davie Pieterse (77,5%)
Evangeline O’Callaghan en Ruan Olwagen (72,5%)
Marique Bam en Michael Flanagan (70%)

Graad 10:

Mitch Bester (87%)
André Haarhoff (75%)
Bea-Mae Lombard, Juané Pretorius, Jessica Simpson en Caitlin van Staden (70%)

Graad 11:

Johan Jacobs (85%)
Ulrich Gouws (82,5%)
Ludwig Erasmus (75%)

Graad 12:

Kayla roets (85%)
Malony Cronjé (80%)
Janeco Coetzee (75%)

Algehele wenners:

3de Ulrich Gouws (82,5%)
2de Johan Jacobs en Kayla Roets (85%)
1ste Mitch Bester (87%)

Karnaval 2022, 13 Mei 2022

Vir die afgelope twee jaar kon Hoërskool Pretoria-Noord nie ons Karnaval aanbied nie, as gevolg van die Covid-19 pandemie. Vanjaar skud ons egter ons vere reg om weer soos in die verlede ‘n Karnaval aan te bied op 13 Mei 2022.

Ons verwelkom op die PNHS-verhoog die immergewilde Hamilton Wessels en Vanes-Mari du Toit as die seremoniemeesters. Die voorprogram word deur Tuin en haar orkes aangebied en die hoofprogram word deur Rooksein en Demi Lee Moore aangebied.

Die dag sal verder geken word aan die Mallemeule asook verskeie kosstalletjies.

Die kaartjies beloop R150-00 per persoon. Indien u vier kaartjies koop, kos dit R500 vir die pakket.

Laerskoolkinders kan die Karnaval gratis bywoon indien hulle vergesel word deur hulle ouers.

Alle kaartjies wat u aanvra moet asseblief teen 12 Mei 2022 betaal wees.

Die leerders het ook reeds ‘n kompetisieboekie met kaartjies vir die gelukkige trekking wat sal plaasvind op 13 Mei 2022 ontvang. Die kaartjies kos R10-00 elk.

Leerders kan meer as een boekie verkoop.

Pryse vir die gelukkige trekking:

Eerste prys: R4000-00 kontant
Tweede prys: R2500-00 kontant.
Derde prys: R2000-00 kontant.
Vierde prys: R1000-00 kontant.
Vyfde prys: R500-00 kontant.

Ons wil graag versoek dat elke leerder ten minste twee kaartjies en ‘n volledige kompetisieboekie sal verkoop.

Daar sal pryse wees vir die leerders en klasse wat die meeste geld ingesamel het.

Nooi gerus al u vriende en familie en kom geniet die Karnaval saam met ons!


Program vir die week
Dinsdag, 3 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12, sleutel 4 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 4 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15
  • Netbal liga 3: PNHS v/s Cornwallhill, 14H30, tuis.
Donderdag, 5 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 6
  • Graad 12, sleutel 5 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 12 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Moedersdagmark, 09H00 – 19H00, saal.
Vrydag, 6 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 1
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s Cornwallhill, 14H30, weg.
  • Netbal: Jubalee liga 4: PNHS v/s Sutherland, 14H30, tuis.
  • Rugby: Blou Bulle liga 1: PNHS v/s John Vorster, 14H30, tuis.
  • Moedersdagmark, 09H00 – 19H00, saal.
Saterdag, 7 Mei:
  • Koor: Sing in Harmonie Kompetisie, Woodhill College, 10H00 by PNHS.
  • Moedersdagmark, 09H00 – 15H00, saal.
Maandag, 9 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Moedersdagmark, 09H00 – 19H00, saal.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug