Artikels

Subscribe

Omsendbrief 28/2022

Administratief
September 05, 2022

Baie dankie aan Wonderliggiefees wat hul harte oop gemaak het en Noorderlig in hul fees ingesluit het. Dankie aan al ons PNHS ouers en gemeenskap wat ons lentedag projek ‘n groot sukses gemaak het. Ons is so dankbaar vir al die bydrae. Dankie aan ons PNHS mammas wat gereeld broodjies maak sodat ons omgee leerdes elke dag ietsie het om te eet. Julle is voorwaar ‘n seëning vir ons. Ons vra dat alle leerders hierdie week enige toiletware bv., seep, onderarm rol of spuitgoed kan saambring en in ons Trollie van hoop gooi.


Lees meer


Omsendbrief 27/2022

Administratief
August 29, 2022

Alle leerders wat gedurende 2021 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis. Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel.


Lees meer


Top 10 Leerders Tweede kwartaal 2022

Administratief
August 24, 2022

Top 10 leerders vir 2022 - Tweede kwartaal


Lees meer


Omsendbrief 26/2022

Administratief
August 22, 2022

Kan leerders asb enige skoolklere wat hul nie gebruik nie aan die nooderhoekie skenk. Dit sal opreg waardeer word. Ons vra dat alle leerders hierdie week enige toiletware bv., seep, onderarm rol of spuitgoed kan saambring en in ons Trollie van hoop gooi.


Lees meer


Omsendbrief 24/2022

Administratief
August 01, 2022

Baie geluk aan ons 0/16 span wat aan beweeg het na die Kwart-Finaal van die Noord-Vaal beker. Hulle speel eerskomende Vrydag teen H/S Merensky om 15H30 op ons A-veld. Ons moedig ons leerders aan om eerskomende Saterdag hulle span te kom ondersteun in hul Vrydagdrag / skooldrag. Leerlinge in skooldrag betaal nie hekgelde nie.


Lees meer


Omsendbrief 23/2022

Administratief
July 25, 2022

Baie dankie aan al ons PNHS ouers wat deurlopend skenkings maak. Sonder julle kan ons nie ons omgee-leerders ondersteun nie. Ons benodig asseblief enige nie-bederfbare produkte. Dit kan in ons ‘drop off’-trollie geplaas word, wat by ons skool se eie Maroelaboom staan.


Lees meer


Omsendbrief 22/2022

Administratief
July 19, 2022

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 22 Julie 2022 – 19 Augustus 2022 is. Daar sal slegs 1 fase wees. Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 22 Julie 2022 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief.


Lees meer


Omsendbrief 21/2022

Administratief
June 20, 2022

Ons graad 10 leerders vertrek op Dinsdag, 21 Junie om 11H30, na hulle LO vraestel na Warthog Inn vir hulle veldskool. Leerders kan in gewone klere (veldskooldrag) kom skryf. Bagasie kan reeds vanaf 06H30 in K 84 gelaat word. Middagete word by Warthog Inn bedien.


Lees meer


Omsendbrief 20/2022

Administratief
June 13, 2022

Ons het kennis gekry dat die leerders wat aangedui het dat hulle van die skole-inentingsveldtog wil gebruik maak, op 26 Julie 2022 vanaf 09H00 by die skool ingeent sal word. Slegs leerders wie se ouers skriftelik toestemming gegee het, sal van die geleentheid gebruik mag maak.


Lees meer


Omsendbrief 19/2022

Administratief
June 06, 2022

Baie geluk aan die volgende atlete van PNHS wat in die Gauteng-Noord landloop span opgeneem is: Simoné de Koker, Shon-dré Sheun, Elisma van Wyk, Ashlee Jordaan, Ezmarelda Vivier, Junior Bokwa, Danica Grobler, Carla Ackerman, Megan Oosthuizen, Natasha Sikisi, Marco J v Rensburg en Heinrich Buitendag.


Lees meer