Omsendbrief 35/2023

Omsendbrief 35/2023

Administratief
October 16, 2023


OB: 35 / 2023

Geagte ouers
Krieket

26 September:

PNHS 0/14A v/s Zwartkop 0/14A (tuis). PNHS 0/14A kolf eerste en behaal 88 / 10. Zwartkop volg op met 92 / 1. PNHS verloor met 9 paaltjies. Goeie kolfwerk van Fourie Brandon met 21 lopies van 32 balle. Goeie boulwerk van Ruan Schoonraad met 1 paaltjie vir 38 lopies in 5 beurte. Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons ses verloor en een wen.

27 September:

PNHS 0/15 A v/s Zwartkop 0/15 A (weg). PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 26 / 10. Zwartkop 0/15 A volg op met 30 / 1. PNHS verloor met 9 paaltjies. Goeie kolfwerk van Nathan Oosthuizen met 18 lopies van 11 balle. Goeie boulwerk van Rohan Louw met 1 paaltjie vir 10 lopies in 1 beurt. Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons ses verloor en een wen.

14 Oktober:

PNHS 1 v/s Zwartkop 1 (weg). PNHS 1 kolf eerste en behaal 119 / 10. Zwartkop 1 volg op met 122 / 2. PNHS 1 verloor met 8 paaltjies. Goeie kolfwerk deur Ettiene du Bruyn met 31 lopies van 31 balle (brons balkie). Goeie boulwerk van Jaydon Gordon met 1 paaltjie vir 16 lopies in 4 beurte en Ludwig Erasmus met 1 paaltjie vir 3 lopies in 2 beurte. Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons vyf verloor en twee wen.

Dit bring ‘n einde aan ons krieketseisoen, dankie vir ons krieketspelers se deelname en ouers se ondersteuning.

Geluk aan Monique Vinson wat gedurende die vakansie opgeneem is in die 0/16 Titan dogters span.

Sagtebal
Seuns Semi-Finales, 14 Oktober 2023, Crafford Park
Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 10 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A Hs 5  
0/15 A PN 15 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A T 0  
0/16 A PN 14 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 A Hpt 7  
0/19 A PN 1 Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/19 A Hpt 0  

Hs = Homespun / T = Tuine / Hpt = Hartebeespoort

Al ons seunspanne sal eerskomende Saterdag uitspeel in die Gauteng-Noord finales vir posisie 1 en 2.

Dogters Semi-Finaal, 14 Oktober 2023, Crafford Park
Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A      
0/15 A PN 1 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A Cen 11  
0/16 A PN   Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/16 A      
0/19 B PN   Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 B      
0/19 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A      

Cen = Centurion

Ons dogters 0/15 sal eerskomende Saterdag in die finaal van Gauteng-Noord uitspeel vir die derde posisie.

Atletiek: Jakaranda Byeenkoms, 14 Oktober 2023, Brits

Baie geluk aan die volgende atlete van PNHS:

1e Plekke:

Rohan Louw: 100m: (796 Tabelpunte), Junior Bokwa: 1500m: 723 (Tabelpunte), Meagan Mylonas: 300m Hekkies: (706 Tabelpunte), Rubin Nel: 400m: (647 Tabelpunte), Deoné Meintjes: Spiesgooi: (625 Tabelpunte) en MC Swanepoel Spiesgooi: (553 Tabelpunte).

2e Plekke:

Wilné Kriel: Gewigstoot: (774 Tabelpunte), Simoné de Koker: 800m: (731 Tabelpunte) en 1500m: (677 Tabelpunte) en Ezmarelda Vivier: 800m: (660 Tabelpunte) en 1500m: (593 Tabelpunte).

3e Plekke:

Dehan Joubert: Skyfwerp: (726 Tabelpunte), Coenie Taljaard: Verspring: (630 Tabelpunte), Mia Rynners: Skyfwerp: (620 Tabelpunte), Junior Bokwa: 800m, Leana Bezuidenhout: Verspring en Deoné Meintjes:Skyfwerp

Atlete wat goeie tabelpunte (bo 600) met hul onderskeie items behaal het:
Leana Bezuidenhout: 100m: (731 Tabelpunte) en 200m: (678 Tabelpunte), Ezmarelda Vivier: 3000m: (724 Tabelpunte), Lianka Wurth: 3000m: (698 Tabelpunte), Deoné Meintjes: Gewigstoot: (689 Tabelpunte), Mia Rynners: Gewigstoot: (680 Tabelpunte), Dehan Joubert: Gewigstoot: (679 Tabelpunte), Matthew Roselt: 1500m: (655 Tabelpunte) en 3000m: (625 Tabelpunte), Cindy de Koker: 3000m: (652 Tabelpunte), Megan Mylonas: 400m: (631 Tabelpunte), Rubin Nel: 200m: (623 Tabelpunte), Sharné Janse van Rensburg: 3000m: (617 Tabelpunte), Coenie Taljaard: 100m: (611 Tabelpunte), Dewald Grobler: 100m: (608 Tabelpunte), Rohan Horn: 3000m: (604 Tabelpunte), Antonette Steenkamp: (603 Tabelpunte), Collin Reis: Hoogspring: (600 Tabelpunte) en Jaco Jansen van Vuuren: Hoogspring: (600 Tabelpunte).

Tennis

Baie geluk aan Charl Otto wat enkelspel ouderdomgroepnaaswenner was by die Pretoria-Noord tennisklub tydens hulle Julie toernooi.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:

  • Ashley Fourie (8A) vir respek.
  • Kimico Strydom (8A) vir lojaliteit.
  • Joy Tanga (8D) vir lojaliteit.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Merietefunksie 2023
  • Alle leerders wat gedurende 2022 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis..
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel..
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
PNHS Ondersteuners: Fondsinsameling: Potjiekos, 21 Oktober 2023

Geagte (oud) ouers, (oud) leerders en vriende van PNHS, ter afsluiting van ons Tagtigjarige Bestaansvieringe word die grootste potjiekoskompetisie ooit beplan.

Goeie nuus! Dit is tyd vir ‘n ongelooflike kos-avontuur! Hoërskool Pretoria-Noord bied op 21 Oktober 2023 weer ‘n Potjiekoskompetisie aan.

Ons nooi alle kook-entoesiaste, potjiekos-meesters en kosliefhebbers om deel te neem aan hierdie onvergeetlike gebeurtenis. Dit is u kans om u kookvaardighede te wys en ‘n legendariese potjie te maak en groot kontantpryse te wen!

Beste pot: 1e plek = R 4000-00, 2e plek = R2500-00, 3e plek = R1500-00

Beste stalletjie = R2000-00

Kry u span reg, bring u geheime resep en wees gereed vir ‘n dag van pret en plesier.

Datum: 21 Oktober 2023
Plek: Hoërskool Pretoria-Noord
Tyd: Hekke open om 10:00, die potte begin prut om 12:00, beoordeling om 16:00.
Inskrywingsfooi: R1000-00 per pot wat 10 etekaartjies insluit.

Daar sal ‘n groot skerm wees vir die rugby!

Skryf vandag nog u wenpot in by u kind se betrokke voogonderwyser.

Ons nooi ook graag besighede en ander instansies uit om potte in te skryf. (Bemarkingspasie beskikbaar)

Kom ons sluit ook die skool se 80ste bestaansjaar op ‘n hoë noot af!
Vir enige navrae rig gerus ‘n e-pos aan [email protected].

Vriendelike Potjiekos-groete!

Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal.

Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!


Program vir die week
Maandag, 16 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12: Finale Saalopening.
  • Graad 12 Visuele Kuns praktiese eksamen, 07H00 – 14H00, K 82.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, konferensiekamer.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 17 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12: “Fourty Days”: Kleurfees en Piekniek.
  • Rapporte uit.
  • Restaurant Akademievergadering, 18H00, restaurant.
Woensdag, 18 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 Visuele Kuns praktiese eksamen, 07H00 – 14H00, K 82.
  • Akademiese periode 14H15 – 15H15.
  • Gasvryheidstudies Graad 10: “Vakansie Koekies”- Kompetisie, 14H00 – 18H00, restaurant.
  • Artikel 21 Bestuursvergadering, 16H30, Konferensiekamer.
Donderdag, 19 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12 Kerkdiens, 08H00, NG Florauna.
  • VLR-vergadering, 14H15, K76.
  • Graad 12 Visuele Kuns praktiese eksamen, 09H00 – 14H00, K 82.
  • Gasvryheidstudies Graad 10: “Vakansie Koekies”- Kompetisie, 14H00 – 18H00, restaurant.
Vrydag, 20 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Atletiek: Centurion Byeenkoms, 14H30, H/S Centurion.
  • Graad 12 Afskeid, 19H00, Coloseum Reale.
Saterdag, 21 Oktober:
  • Sagtebal: Gauteng-Noord Finales, Seuns 0/14, 0/15, 0/16, 0/19 A en Dogters 0/15, 09H00, - Crafford Park.
  • Potjiekos Kompetisie, vanaf 12H00, beoordeling 17H00 – 18H00, A-rugbyveld.
Maandag, 23 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Krieket Akademievergadering, 18H00, K66.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, personeelkamer.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug