Omsendbrief 33/2023

Omsendbrief 33/2023

Administratief
September 27, 2023


OB: 33 / 2023

Geagte ouers
Krieket

18 September:

PNHS 2 v/s HTS Tuine 1 (tuis). PNHS 2 kolf eerste en behaal 239 / 4. HTS Tuine 1 volg op met 104 / 10. PNHS 2 wen met 135 lopies. Goeie kolfwerk deur Ulrich Gouws met 100 lopies van 56 balle (goue balkie), Ettiene du Bruyn met 36 lopies van 24 balle (brons balkie) en Dean du Toit met 30 lopies van 18 balle (brons balkie). Goeie boulwerk van DF du Preez met 3 paaltjies vir 17 lopies in 4 beurte (silwer balkie), Leonard McGeer met 2 paaltjies vir 10 lopies in 4 beurte (brons balkie), Ulrich Gouws met 2 paaltjies vir 15 lopies in 3 beurte (brons balkie) en Jayden Oberholzer 2 paaltjies vir 25 lopies in 2 beurte. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons ses wen.

19 September:

PNHS 0/14A v/s Eldoraigne 0/14A (tuis). PNHS 0/14A kolf eerste en behaal 30 / 10. Eldoraigne volg op met 31 / 0. PNHS verloor met 10 paaltjies. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons vyf verloor en een wen.

20 September:

PNHS 0/15 A v/s Eldoraigne 0/15 A (weg). PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 212 / 10. Eldoraigne 0/15 A volg op met 213 / 8. PNHS verloor met 2 paaltjies. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 76 lopies van 71 balle (silwer balkie) en Rohan Louw met 56 lopies van 39 balle (silwer balkie). Goeie boulwerk van Monique Vinson met 3 paaltjies vir 32 lopies in 8 beurte (silwer balkie) en Rohan Louw met 2 paaltjies vir 35 lopies in 8 beurte (brons balkie). Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons vyf verloor en een wen.

21 September:

PNHS 2 v/s Erasmus 1 (weg). Erasmus 1 kolf eerste en behaal 177 /7. PNHS 2 volg op met 151 / 3. PNHS 2 verloor met 26 lopies. Goeie kolfwerk deur Melvin Swart met 81 lopies van 60 balle (silwer balkie). Goeie boulwerk van Melvin Swart met 3 paaltjies vir 41 lopies in 4 beurte (silwer balkie) en Jordan Booyens met 2 paaltjies vir 22 lopies in 2 beurte (brons balkie). Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons ses wen en een verloor.

9 September:

PNHS 1 v/s Eldoraigne 1 (tuis). PNHS 1 kolf eerste en behaal 138 / 10. Eldoraigne 1 volg op met 139 / 1. PNHS 1 verloor met 9 paaltjies. Goeie kolfwerk deur Ludwig Erasmus met 34 lopies van 54 balle (brons balkie), Jacques Runnals met 32 lopies van 37 balle (brons balkie) en Ulrich Breytenbach met 29 lopies van 83 balle. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons vier verloor en twee wen.

Sagtebal
Seuns Liga 9: PNHS v/s Hartebeespoort, 22 September 2023, weg
Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 1 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A Hpt 6  
0/15 A PN 22 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Hpt 0  
0/16 A PN 0 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 A Hpt 4  
0/19 A PN 4 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/19 A HS 5  
Dogters Liga 9: PNHS v/s Hartebeespoort, 22 September 2023, weg
Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 15 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A Hpt 3  
0/15 A PN 15 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Hpt 2  
0/16 A PN 13 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/16 A Hpt 3  
0/19 B PN   Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 B      
0/19 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A      

Baie geluk aan die volgende sagtebal spelers wat deurdring na die Gauteng-proewe: Schalk Fourie, Arno Schreuder, Nathan Oosthuizen, Wian van Heerden, Malan Bezuidenhout, Jayden Neethling en JG van Niekerk

Atletiek
Atletiek: TUT Top 12, 22 September 2023, Pulditch

Pretoria-Noord eindig 9e uit 19 spanne in die B-afdeling (Medium skole) van die kompetisie. (Seunsspan 8ste en Dogtersspan 7de)

Die volgende atlete behaal uitsonderlike prestasies in hul onderskeie items.

  • Junior Bokwa: 2e Plek: 800m: 764 tabelpunte. (1:59 in die 800m); 726 punte in die 1500M.
  • MC Swanepoel: 2e Plek: Spiesgooi: 602 tabelpunte.

Die volgende atlete behaal ook uitstekende Tabelpunte vir hul prestasies:

  • Dehan Joubert: 825 punte: Gewigstoot (5e Plek); 656 punte: Skyfwerp.
  • Ezmarelda Vivier: 750 punte: 3000m.
  • Rohan Louw: 740 punte: 100m.
  • Schalk Fourie: 721 punte: (2:00 in die 800m)
  • Leana Bezuidenhout: 702 punte: 200m; 680 punte: 100m.
  • Deoné Meintjes: 687 punte: Spiesgooi (4e Plek).
  • Marlene Janse van Rensburg: 606 punte: 400m.
  • Jaco Jansen van Vuuren: 600 punte: Hoogspring.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Merietefunksie 2023
  • Alle leerders wat gedurende 2022 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis..
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel..
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
PNHS Ondersteuners: Fondsinsameling, 24 September 2023

Baie dankie vir almal se ondersteuning om van hierdie projek ook ‘n sukses te maak.

Klagtes oor parkering in Burgerstraat

Baie dankie vir ons ouers se samewerking.

Maroelaboom

Baie dankie vir Mnr. Theunis Morgenthal wat vir die Nasionale Register vir Groot Bome in Suid-Afrika weer opmetings kom doen het van ons maroelaboom. Ons maroelaboom is amptelik die tweede grootste maroelaboom opgeteken in die Nasionale Register (Die grootste is in Punda Maria). Ons boom se laaste opmetings is in 1987 gedoen en is as volg:

  1987 2023
Stamomtrek 5,27m 6,51m
Kroondeursnee 26,1m 34,65m
Hoogte 14m 15m
Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal.

Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!


Program vir die week
Dinsdag, 26 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Krieket: Liga 7 dag 1: PNHS 0/14A v/s Zwartkop 0/14A, 14H30, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Restaurant Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Woensdag, 27 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Krieket: Liga 7 dag 2: PNHS 0/14A v/s Zwartkop 0/14A, 14H30, tuis.
  • Krieket: Liga 7 dag 1: PNHS 0/15A v/s Zwartkop 0/15A, 14H30, weg.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 28 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Krieket: Liga 7 dag 2: PNHS 0/15A v/s Zwartkop 0/15A, 14H30, weg.
Vrydag, 29 September:
  • Skool sluit vir Oktober reses:
    • Saal en voog 07H20 – 09H15
    • Pouse: 09H15 – 09H35
    • Toetsperiode: 09H55 – 10H55
    • Skool sluit 11H00

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug