Omsendbrief 36/2023

Omsendbrief 36/2023

Administratief
October 23, 2023


OB: 36 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed

Baie welkom aan ‘n oud leerder van PNHS, Mnr. K McFerrier, wat by ons personeel aangesluit het as IT en Netwerk assistent.

Sagtebal
Seuns: Gauteng-Noord Finales, 21Oktober 2023, Crafford Park
Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 8 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A Hpt 6  
0/15 A PN 2 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Hs 3  
0/16 A PN 15 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 A GM 1  
0/19 A PN 8 Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/19 A Hs 9  

Hpt = Hartebeespoort / Hs = Homespun / GM = Gerrit Maritz

Dogters: Gauteng-Noord Finales, 21Oktober 2023, Crafford Park
Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A      
0/15 A PN 0 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 A OM 10  
0/16 A PN   Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/16 A      
0/19 B PN   Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 B      
0/19 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A      

OM = Oos Moot

Ons dogters 0/15 eindig 4de in Gauteng-Noord.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerder wat waardebalkies ontvang:

  • Ludwig Erasmus (12A) vir integriteit.
    Hy ontvang ook die goue Super PN balkie omdat hy al 4 waardebalkies verower het.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Merietefunksie 2023
  • Alle leerders wat gedurende 2022 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis..
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel..
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.

Program vir die week
Maandag, 23 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Krieket Akademievergadering, 18H00, K66.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, personeelkamer.
Dinsdag, 24 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 Eksamen: RTT Prakties
  • Debat Kursus, 14H30, K7.
  • Algemene Jaarvergadering, 18H00, saal
Woensdag, 25 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Akademiese periode 14H15 – 15H15.
  • Merietefunksie: Sport, 18H00, saal.
Donderdag, 26 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Toetsperiode
  • Graad 12 Eksamen: IT Prakties.
  • Meriete-oggendfunksie, 08H30, saal.
  • Merietefunksie: Kultuur, Leierskap en Akademie, 18H30, saal.
Vrydag, 27 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Sagtebal: Afsluitingsfunksie, 14H00 – 18H00, A-rugbyveld.
Maandag, 30 Oktober:
  • Graad 8 – 11, Eksamen.
  • Graad 12 Eksamen: Engels Vraestel 1.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug