Omsendbrief 32/2023

Omsendbrief 32/2023

Administratief
September 18, 2023


OB: 32 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons verwelkom Me. R Bosman as ons nuwe Dissiplinêre Beampte by PNHS in die plek van Mnr. D Moolman wat bedank het.
  • Ons verwelkom nasionale naellope afrigter, Mnr. Frans van Rooyen, by PNHS, hy sal voortaan sy klub by PNHS bedryf op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 16H30 – 17H30.
Krieket

11 September:

PNHS 2 v/s Overkruin 2 (weg). PNHS 2 kolf eerste en behaal 114 / 10. Overkruin 2 volg op met 87 / 10. PNHS 2 wen met 27 lopies. Goeie kolfwerk deur Jayden Gordon met 26 lopies van 15 balle. Goeie boulwerk van Jayden Gordon met 4 paaltjies vir 18 lopies in 4 beurte (silwer balkie), Melvin Swart met 3 paaltjies vir 32 lopies in 4 beurte (silwer balkie) en Dean du Toit met 3 paaltjies vir 19 lopies in 3 beurte (silwer balkie). Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons vyf wen.

12 & 13 September:

PNHS 0/14A v/s Oos Moot 0/14A (tuis). PNHS 0/14A kolf eerste en behaal 160 / 10. Oos Moot volg op met 117 / 10. PNHS wen met 43 lopies. Goeie kolfwerk van Keagan Joubert met 32 lopies van 44 balle (brons balkie). Goeie boulwerk van Charl Otto met 2 paaltjies vir 45 lopies in 7 beurte (brons balkie), Ruan Schoonraad met 7 paaltjies vir 18 lopies in 7 beurte (goue balkie) en Matthew Roselt met 2 vangskote (brons balkie).Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons vier verloor en een wen.

13 & 14 September:

PNHS 0/15 A v/s Oos Moot 0/15 A (weg). Oos Moot kolf eerste en behaal 242 / 10. PNHS volg op met 95 / 10. PNHS verloor met 147 lopies. Goeie kolfwerk van Rohan Louw met 32 lopies van 27 balle (brons balkie). Goeie boulwerk van Mark Gorman met 3 paaltjies vir 39 lopies in 9 beurte (silwer balkie), Rohan Louw met 3 paaltjies vir 66 lopies in 10 beurte (silwer balkie) en Nathan Oosthuizen met 2 paaltjies vir 4 8 lopies in 10 beurte. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons vier verloor en een wen.

9 September:

PNHS 1 v/s Oos Moot 1 (weg). PNHS 1 kolf eerste en behaal 309 / 6. Oos Moot volg op met 299 / 10. PNHS wen met 10 lopies. Goeie kolfwerk Jayden Gordon met 47 lopies van 50 balle (brons balkie), Andrew Durdle met 52 lopies van 67 balle (silwer balkie) en Ulrich Breytenbach met 102 lopies van 113 balle (goue balkie). Goeie boulwerk van Andrew Durdle met 2 paaltjies vir 50 lopies in 8 beurte (brons balkie) en Jean Swart met 5 paaltjies vir 64 lopies in 10 beurte (goue balkie). Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons drie verloor en twee wen.

Sagtebal
Seuns Liga 8: PNHS v/s Homespun, 15 September 2023, Crafford Park
Skool PN HS PN HS PN HS PN HS PN HS
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/19B 0/16A 0/19A 0/19A 0/19A
Uitslag 10 7 1 2 2 10 2 17 2 4
Uitslae tot dusver                    
Gewen 5 - 6 - 4 - 4 - 8 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 1 - 1 - 2 - 1 -
Skool PN HS PN HS PN HS PN HS PN HS
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/19B 0/16A 0/19A 0/19A 0/19B
Uitslag 10 7 1 2 2 10 2 17 10 3
Uitslae tot dusver                    
Gewen 5 - 6 - 4 - 4 - 9 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 1 - 1 - 2 - 1 -
Dogters Liga 8: PNHS v/s Montana / Oos Moot, 15 September 2023, weg
Skool PN Mon PN   PN   PN OM PN  
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19B 0/19B 0/19A 0/19A
Uitslag 1 19 5 4 0 15 8 12    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 3 - 1 - 5 - 3 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 4 - 3 - 5 - 4 - 4 -
Rugby 7’s, Eldoraigne Toernooi, 15 & 16 September
Skool PN Eldo PN Menlo PN Mon PN Suth PN Eldo
  0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A
Uitslag 14 28 14 42 31 0 33 5 0 38
Uitslae tot dusver                    
Gewen 6 - 6 - 7 - 8 - 8 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 4 - 5 - 5 - 5 - 6 -

Eldo = Eldoraigne / Menlo = Menlopark / Mon = Montana / OM = Oos Moot

Skool PN OM                
  0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A
Uitslag 10 12                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 8 - - - - - - - - -
Gelykop 0 - - - - - - - - -
Verloor 7 - - - - - - - - -

OM = Oos Moot

Skool PN Eldo PN AHS PN Cen PN Suth PN BB
  0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A
Uitslag 5 21 12 43 45 0 38 14 0 56
Uitslae tot dusver                    
Gewen 10 - 10 - 11 - 12 - 12 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 7 - 8 - 8 - 8 - 9 -

Eldo = Eldoraigne / AHS = Afrikaans Hoër Seuns / Cen = Centurion /
Suth = Sutherland / BB = Blou Bulle 0/17

Atletiek

Ons verwelkom nasionale naellope afrigter, Mnr. Frans van Rooyen, by PNHS. Mnr. van Rooyen is ‘n vlak 3 afrigter met 18 jaar ervaring en spog met verskeie nasionale en internasionale sterre wat uit sy stal kom. Hy is gekontrakteer om sy klub vanaf ons skool te bedryf en sy oefentye is Maandae, Dinsdae en Donderdae van 16H30 – 17H30. Atlete van PNHS wat by sy klub aansluit sal 50% afslag kry op hul klub fooie.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Merietefunksie 2023
  • Alle leerders wat gedurende 2022 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis.
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
PNHS Ondersteuners: Fondsinsameling, 24 September 2023

Hiermee word u hartlik uitgenooi om kaartjies te bespreek vir ‘n onvergeetlike middag van musiek. Die Barnyard Teater in Menlyn bied op Sondag 24 September 2023 om 14:00 ‘n ABBA en QUEEN vertoning aan. Bring sommer die hele gesin of vriendekring en kom kuier heerlik saam.

Die kaartjies beloop R180-00 per persoon. Indien u egter voor of op 15 Augustus 2023 u kaartjies bespreek en betaal sal u slegs R150-00 per kaartjie hoef te betaal.

Ondersteun gerus hierdie fondsinsamelingsprojek en bespreek vroegtydig u kaartjie by [email protected] om teleurstelling te voorkom.

Klagtes oor parkering in Burgerstraat

Geagte ouers ons versoek dat u nie in burgerstraat sal parkeer wanneer u, u kind in die middae oplaai nie, dit skep ‘n uiters gevaarlike situasie en ons het verskeie klagtes van inwoners en die metropolisie ontvang oor die situasie. Ons versoek dat u aan die kant van die Berglaan grens van PNHS sal parkeer. Ook dat u met u voertuig se neus na die grens sal parker en nie parallel nie, sodat meer voertuie daar kan parkeer.

Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool in staat te stel om kwaliteit onderrig en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal.

Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!

Binnelandse Sake: Identiteitsdokumente

PNHS is deur die Departement van Binnelandse sake genader om aansoeke vir identiteitsdokumente te vergemaklik. Op Donderdag, 28 September 2023 sal daar ‘n mobiele eenheid na die skool ontbied word waar daar een afspraak elke 15 minute sal geskied vanaf 09:30. Dus kan ons op die dag slegs 25 leerders tegemoet kom. Dit is dus daarom dat dit streng op afspraak sal geskied. Ouers kan tot en met Dinsdag, 26 September 2023, om 14:00 afsprake vir ‘n tydgleuf maak by die kantoor deur mev. de Wit telefonies by 012 546 6590 te skakel.

Leerders moet reeds 16 wees, en nog nie ‘n ID-dokument besit nie. Ouers móét leerders op die dag vergesel. Ouers moet hulle eie ID-dokument saambring, asook die leerder se oorspronklike geboortesertifikaat.

Indien al die tydgleuwe vol bespreek is, sal daar weer in toekoms geleentheid gebied word om hierdie voordeel te kan benut.


Program vir die week
Maandag, 18 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H
  • Krieket liga 6: PNHS 2 v/s HTS Tuine, 14H30, tuis.
Dinsdag, 19 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Toetsperiode graad 8 – 11.
  • PNHS Gholfdag, 10H30, Four Seasons gholfklub, Brits.
  • Krieket: Liga 6 dag 1: PNHS 0/14A v/s Eldoraigne 0/14A, 14H30, tuis.
Woensdag, 20 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Krieket: Liga 6 dag 2: PNHS 0/14A v/s Eldoraigne 0/14A, 14H30, tuis.
  • Krieket: Liga 6 dag 1: PNHS 0/15A v/s Eldoraigne o/15A, 14H30, weg.
Donderdag, 21 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Krieket: Liga 6 dag 2: PNHS 0/15A v/s Eldoraigne 0/15A, 14H30, weg.
Vrydag, 22 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Atletiek Top 12, 07H00, Pilditch.
  • Visuele Kuns: Uitstappie na Pretoria Kuns museum, vertrek om 08H00.
  • Sagtebal: Seuns 0/14, 0/15, 0/16 en 0/19 v/s Hartebeespoort, 14H30, weg.
  • Sagtebal: Dogters 0/14, 0/15, 0/16 v/s Hartebeespoort, 14H30, weg.
Saterdag, 23 September:
  • Krieket: Liga 6: PNHS 1 v/s Eldoraigne 1, 09H00, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 High Tea, 10H30, restaurant.
Sondag, 24 September:
  • PNHS Ondersteuners fondsinsameling, 14H00, Barnyard.
Maandag, 25 September:
  • Publieke Vakansiedag

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug