Omsendbrief 34/2023

Omsendbrief 34/2023

Administratief
October 10, 2023


OB: 34 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons verwelkom almal terug na die Oktober reses en wens vir almal ‘n geseënde vierde kwartaal toe.
  • Baie sterkte aan ons graad 12’s met hulle laaste paar daggies van hoërskool.
  • Ons is dankbaar om Mev. Portheine terug te verwelkom by PNHS na haar operasie.
  • Ons wens vir ouma Toit van die klerebank baie sterkte toe, haar man het ‘n ernstige beroerte gehad.
    Ons bid hom ‘n spoedige en volkome herstel toe.
Aktiwiteite buite skoolverband gedurende die Oktober reses
  • Zain Vorster, Keaan van Wyk, Owen Kühn, Donovan Wallendorf, Raynard Bosman, Jayden Neethling en Divan Niemand is van ons sagtebal spelers wat opgeneem is in ‘n Suid-Afrikaanse All Star span wat na Nederland getoer het.
  • Marioné Engelbrecht wen vier goue medaljes op die nasionale kompetisie, “Africa’s got Talent” en daarmee saam ‘n vol betaalde toer na Amerika en Spanje.
  • Troy Bester (0/14), Jayden Roux (0/14) en Luchen Groenewald (0/19) wat opgeneem is in die Blou Bulle klubspanne wat hierdie vakansie aan ‘n toernooi deelgeneem het.
  • Mathew Roselt (0/14) en Rubin Nel (0/16) is opgeneem in die AVS Noord Transvaal span wat aan die AVS Somerweek deelgeneem het.
  • Nelmari Driescher het vir die Wes-Rand 0/21 span aan die SPAR Nasionale 0/21 en Senior Kampioenskappe in Rustenburg deelgeneem.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Merietefunksie 2023
  • Alle leerders wat gedurende 2022 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis..
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel..
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
PNHS Ondersteuners: Fondsinsameling: Potjiekos, 21 Oktober 2023

Geagte (oud) ouers, (oud) leerders en vriende van PNHS, ter afsluiting van ons Tagtigjarige Bestaansvieringe word die grootste potjiekoskompetisie ooit beplan.

Goeie nuus! Dit is tyd vir ‘n ongelooflike kos-avontuur! Hoërskool Pretoria-Noord bied op 21 Oktober 2023 weer ‘n Potjiekoskompetisie aan.

Ons nooi alle kook-entoesiaste, potjiekos-meesters en kosliefhebbers om deel te neem aan hierdie onvergeetlike gebeurtenis. Dit is u kans om u kookvaardighede te wys en ‘n legendariese potjie te maak en groot kontantpryse te wen!

Beste pot: 1e plek = R 4000-00, 2e plek = R2500-00, 3e plek = R1500-00

Beste stalletjie = R2000-00

Kry u span reg, bring u geheime resep en wees gereed vir ‘n dag van pret en plesier.

Datum: 21 Oktober 2023
Plek: Hoërskool Pretoria-Noord
Tyd: Hekke open om 10:00, die potte begin prut om 12:00, beoordeling om 16:00.
Inskrywingsfooi: R1000-00 per pot wat 10 etekaartjies insluit.

Daar sal ‘n groot skerm wees vir die rugby!

Skryf vandag nog u wenpot in by u kind se betrokke voogonderwyser.

Ons nooi ook graag besighede en ander instansies uit om potte in te skryf. (Bemarkingspasie beskikbaar)

Kom ons sluit ook die skool se 80ste bestaansjaar op ‘n hoë noot af!
Vir enige navrae rig gerus ‘n e-pos aan [email protected].

Vriendelike Potjiekos-groete!

Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal.

Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!


Program vir die week
Dinsdag, 10 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Personeelvergadering, 14H00, saal.
  • Beheerliggaam Begrotingsvergadering, 17H30, restaurant.
Woensdag, 11 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Artikel 21 Bestuursvergadering, 16H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 12 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
Vrydag, 13 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Fotodag vir Jaarblad.
  • Atletiek: Jakaranda Byeenkoms, 14H30, H/S Brits.
Saterdag, 14 Oktober:
  • Sagtebal: Gauteng-Noord Semi-Finales, Seuns 0/14, 0/15, 0/16, 0/19A en Dogters 0/15, 09H00, Crafford Park.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Zwartkop 1, 09H00, weg.
Maandag, 16 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12: Finale Saalopening.
  • Graad 12 Visuele Kuns praktiese eksamen, 07H00 – 14H00, K 82.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, konferensiekamer.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug