Artikels
SubscribeOmsendbrief 13/2024
Administratief
April 29, 2024
Baie geluk aan al ons spanne wat skitterend presteer het. Rugby het naelskraap 2de geeindig in die kompetisie om Rugbyskool van die NWU, ons netbal bly konstant top 5 in die NWU en ons hokkie het skitterend verbeter van ‘n 16de plek verlede jaar, tot ‘n 8ste plek hierdie jaar.
Omsendbrief 12/2024
Administratief
April 22, 2024
Geagte ouers hierdie toetse is aan ons graad 8 leerders uitgereik vir u kennisname. Maak asseblief seker dat u die uitslae ontvang het en liaseer dit asseblief vir u kind. Hierdie toetse is belangrik om leer probleme te identifiseer en moet saam met die graad 9 Junior Aanleg Toetse gebruik word, wanneer graad 9 vakkeuses aan die einde van die graad 9 jaar gedoen word.
Omsendbrief 10/2024
Administratief
April 08, 2024
Alle ouers word uitgenooi na ons skool se strategiese sessie wat sal plaasvind op Woensdag, 10 April 2024 van 17H30 – 20H30 en Donderdag 11 April 2024 van 17H30 – 20H30. Hierdie strategiese sessie sal gebruik word om die strategiese doelwitte vir PNHS vir 2024 – 2027 vas te pen.
Omsendbrief 9/2024
Administratief
March 18, 2024
Geagte ouers ons het oor die afgelope paar jaar toenemend versoeke van leerders, wat nie ingeskrewe leerders van PNHS is nie, wat graag sport by PNHS wou beoefen. Sodanige leerders sluit in leerders wat te oud is vir hul laerskoolspanne, leerders wat tuisonderrig doen en in enkele gevalle ook skole waar ‘n betrokke sport nie meer aangebied word nie.
Omsendbrief 7/2024
Administratief
March 04, 2024
Neem kennis dat benewens die 37 medaljes wat ons atlete verower het, soos gemeld in verlede week se omsendbrief van verlede week, dat Rubin Nel ook in die 400M seuns 0/17 ‘n brons medalje verower het. Dit bring ons totaal medaljes vir die interhoër op 38 te staan. Baie geluk ook aan Rubin!
Omsendbrief 5/2024
Administratief
February 19, 2024
Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Die nasionale regulasies vir die Beheerliggaamverkiesings van 2024 is afgekondig, en die verkiesingstyd is vasgestel vir Maart 2024. Hier is egter ‘n paar belangrike veranderinge waarvan ouers duidelik moet kennis neem. ‘n Verpligte kworum van 15% word nou vereis...
Omsendbrief 4/2024
Administratief
February 12, 2024
Dit is met leedwese dat die skool kennis geneem het van die afsterwe van een van sy leerders oor die naweek, Jayden Nortje in graad 11. Ons harte gaan uit na sy ouers en ons gebed is dat ons Hemelse Vader vertroosting sal gee in hierdie baie moeilike tyd.
Omsendbrief 3/2024
Administratief
February 05, 2024
Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Die nasionale regulasies vir die Beheerliggaamverkiesings van 2024 is afgekondig, en die verkiesingstyd is vasgestel vir Maart 2024...
Omsendbrief 2/2024
Administratief
January 29, 2024
Baie welkom aan die volgende studente wat vir waarneming van 29 Januarie 2024 tot 16 Februarie 2024 by ons aangesluit het: Mnr. W Grobler van TUKKIES sal by IGO waarneem en Mej. C Grobbelaar van Akademia sal by Afrikaans waarneem. Ons wens hulle sterkte toe en glo dat hulle waardevolle blootstelling aan onderwys hier sal kry.