Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 15/2026


Administratief
May 04, 2026


OB: 15 / 2026

Geagte ouers

1. Skaak: Distrik Liga 3: PNHS v/s Amandasig, 29 April 2026, tuis.

PNHS 1 verloor met 6 spelle teenoor 1. Geluk aan Patrick van Staden wat sy wedstryd wen. Dit was ons derde ligabepaling waarvan ons 1 wen, 1 gelykop speel en 1 verloor.

PNHS 0/15 A wen met 4 spelle teenoor 2. Baie geluk aan Santiago Bezuidenhout, Chayce Barlow, Chris van der Westhuizen en Danay Rohland wat hulle wedstryde wen. Dit was ons derde ligabepaling waarvan ons 2 wen en 1 gelykop speel.

2. Tennis

29 April: PNHS Seuns 1ste v/s Deutsche Schule 1. PNHS 1 verloor met 33 potte teenoor 34. Baie geluk aan JP Thomas (8-3) wat sy wedstryd wen, ook aan Raynard Bosman en Riaan Roos (7-4) wat hul dubbels wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.

3. Seuns Hokkie: Pretoria Liga 4: PNHS 1 v/s Oos Moot 2, 29 April 2026, weg.

PNHS 1 wen Oos Moot 2 met 5 doele teenoor 0. Baie geluk aan Mark Gorman (1), Kgosi Rammutla (2) en Ewan Rynners (2) wat doele aanteken. Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons drie wen en een gelykop speel.

4. Wintersport: Blou Bulle Liga 1: PNHS v/s Tuine, 30 April 2026, weg

Rugby Uitslae (A-spanne)
Span PN Tuine Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 22 15 1 0 0
0/15 A 40 7 1 0 0
0/16 A 44 17 1 0 0
2de 12 17 0 1 0
1ste 31 20 1 0 0
Rugby Uitslae (B-spanne)
Span PN Tuine Gewen Verloor Gelyk
0/14 B 29 12 1 0 0
0/15 B 27 7 1 0 0
0/16 B 17 35 0 1 0
3de 7 17 0 1 0

5. Kultuur: Kwartaal 2: English Evening

Baie geluk aan die volgende wenners:

Junior Voordrag: Hayley Bierman (1ste), Owen van der Walt (2de) en Cara Potgieter (3de).

Junior Toespraak: Cara van Wyk (1ste), Alexander Cloete (2de) en Alexis Meyer (3de).

Senior Voordrag: Nimri Beyleveld (1ste), Desirae van Staden en Mia Rynners (2de) en Chrizelda Fourie (3de).

Senior Toespraak: Raynard Bosman (1ste).

6. Akademie: Eerste Kwartaal Top 10

Baie geluk aan ons top akademiese presteerders vir kwartaal 1:

Graad 8
Posisie Naam Gemiddeld
1 Anje-Lika Coetzee 92,24
2 Lianie Potgieter 91,78
3 Mieke Muller 90,62
4 Ziané Brits 89,68
5 Paul-Franco Botha 89,09
6 Cara van Wyk 88,74
7 Miandri Yssel 88,68
8 Lany Mcmillan 88,65
9 Cilliers Janse van Rensburg 88,12
10 Mikayla Venter 87,47
Graad 9
Posisie Naam Gemiddeld
1 Janco Schoonraad 95,39
2 Marnus Havenga 92,63
3 Ruby Venter 90,83
4 Angelique Jonker 90,78
5 Dario van Deventer 90,21
6 Zanelle Minne 89,50
7 Dastian Barnard 89,07
8 Ayisha Kritzinger 88,53
9 Jessicah Plaatjies 88,20
10 Chayce Barlow 88,11
Graad 10
Posisie Naam Gemiddeld
1 Mia Viljoen 94,05
2 Charney Badenhorst 92,25
3 Nimrie Beyleveld 92,17
4 Ziané Nel 91,83
5 Jamila Buff 90,54
6 Helé Lottering 90,24
7 Lienka Beytell 89,93
8 Zaine Koekemoer 89,40
9 Liani Swanepoel 89,28
10 Hanri Beukes 88,12
Graad 11
Posisie Naam Gemiddeld
1 Raynard Bosman 94,06
2 Michael de Villiers 93,21
3 Marsha Hamann 90,08
4 Barco Lombard 89,19
5 Anru Moolman 89,10
6 Jessica Watt 86,39
7 Allan Ribeiro 85,86
8 Mia Rynners 85,47
9 Duné van der Merwe 83,85
10 Roché Bothma 83,62
Graad 12
Posisie Naam Gemiddeld
1 Leila van Rensburg 95,13
2 Leandré Koekemoer 94,11
3 Larissa Ellis 93,78
4 Rohan Louw 92,92
5 Mariska Fourie 90,88
6 Sasha Jansen 90,60
7 Marx du Plessis 88,64
8 Dehan Joubert 88,46
9 Annabelle van Wyk 87,74
10 Cheyenne Pieterse 87,32

7. Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat kwalifiseer vir waardebalkies:

Graad 8: Zion Mouton (verantwoordelikheid), Luané Paterson (lojaliteit), Cilliers Janse van Rensburg (integriteit), Miandri Ysel (verantwoordelikheid), Eliza Schwan (verantwoordelikheid), Xisca-Eve Nel (verantwoordelikheid), Leru Snyman (lojaliteit).

Graad 9: Chayce Barlow, Naluschna Botha, Aiden Gerber, Dané Groenewald, Leorica Joubert, Nikita Kock, Ayisha Kritzinger, Ava Steyn, Raynard Swart, Larochelle van der Merwe, Ruby Venter, Alexander Cloete, Keke Dhlangisa, Martin Dobson, Alexis Meyer, Jessicah Plaatjies, Annebella Scott, Sandra Viljoen, Chantazé Greyling en Miecke Scholtz (verantwoordelikheid); Jaydrian Brandon, Hankia Brown, Marnus Havenga, Bontle Mashego, Mieke Olivier, Zander Pieterse, Jean-Pierre van der Westhuizen, Alexander Cloete, Zanté Marx, Caitlyn Paterson en Kyla Wheeler (lojaliteit); Stefan Buitendag, Aiden Gerber, Rorisang Mphephu en Chanzé Vosloo (respek); Neil Botha, Mieke Olivier, Janco Schoonraad, Zuandré Theron en Kaylie van Jaarsveld (integriteit).

8. Akademie vir Leerder Ondersteuning “Noorderlig”: “Saaiweek” 4 – 8 Mei

Geagte ouers, ons herinner u aan ons “saaiweek” vanaf 4–8 Mei. Kom ons vat hande en ondersteun ons leerders in nood. Ons vra jul bydrae vir die volgende:

Dag Bydrae
Maandag Toiletware
Dinsdag Langlewe melk en koffie
Woensdag Pasta, rys en ontbytpap
Donderdag Tee, suiker en aanmaak koeldrank
Vrydag Blikkies kos en soppoeier

Enige bydrae maak ‘n verskil. Groot of klein. Ons waardeer jul omgee!


9. Program vir die week

Maandag, 4 Mei
  • Graad 8–12, dag 5.
  • Noorderlig: Saaiweek – Toiletware.
  • Netbal: Liga 3: PNHS v/s Cornwallhill College (14:30, weg).
  • Skaak: Distrik Liga 4: PNHS v/s Akasia (14:30, weg).
  • Detensie (14:15–16:15).
  • Graad 12: Addisionele Akademiese uur, Sleutel 3 (14:15).
  • IGO PAT (14:15–15:15, K 10).
  • Wapadmark: 09:00–19:00.
Dinsdag, 5 Mei
  • Graad 8–12, dag 6.
  • Noorderlig: Saaiweek – Langlewe melk & koffie.
  • Graad 12: Addisionele Akademiese uur, Sleutel 4 (14:15).
  • Wapadmark: 09:00–19:00.
Woensdag, 5 Mei
  • Graad 8–12, dag 1.
  • Noorderlig: Saaiweek – Pasta, rys & ontbytpap.
  • Graad 12: Addisionele Akademiese uur, Sleutel 5 (14:15).
  • Netbal: Liga 5: PNHS v/s Prestige College (14:30, tuis).
  • Gasvryheidstudies: Kelner opleiding (14:15–17:00).
  • Finansiële Komiteevergadering (17:00, Konferensiekamer).
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komiteevergadering (19:00, Konferensiekamer).
  • Wapadmark: 09:00–19:00.
Donderdag, 6 Mei
  • Graad 8–12, dag 2.
  • Noorderlig: Saaiweek – Tee, suiker & aanmaak koeldrank.
  • VLR vergadering (14:15, K 76).
  • Tennis: 0/15 A Seuns v/s Crawford College (14:30, weg).
  • Tennis: 0/15 B Seuns v/s Pinnacle College (14:30, weg).
  • Wapadmark: 09:00–19:00.
Vrydag, 7 Mei
  • Graad 8–12, dag 3.
  • Noorderlig: Saaiweek – Blikkies kos & soppoeier.
  • Redenaars: Kansvatter inskrywings sluit.
  • Wapadmark: 09:00–19:00.
Saterdag, 8 Mei
  • Rugby: Blou Bulle Liga 2: PNHS v/s HTS John Vorster (09:00, tuis).
  • Dogters Hokkie Liga 2: PNHS v/s AHMP (09:00, TUT).
  • Wapadmark: 09:00–15:00.
Maandag, 11 Mei
  • Graad 8–12, dag 4.
  • Graad 12: Addisionele Akademiese uur, Sleutel 6 (14:15).
  • Detensie (14:15–16:15).
  • IGO PAT (14:15–15:15, K 10).

Vriendelike Groete
CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug