Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 17/2026


Administratief
May 18, 2026


OB: 17 / 2026

Geagte ouers

1. Lief & Leed

Ons groet ons studente van AROS wat by ons waargeneem het tot Vrydag: Mej. Schutte, Mej. Paulsen, Mej. Dugand en Mej. Johnson.

Mej. S. Botha van NWU sal eerskomende Dinsdag haar waarneming by PNHS voltooi.

Ons bedank hulle vir al hulle insette by PNHS en wens hulle sterkte toe met hulle verdere studies.

2. Skaak

2.1 Distrik Liga 5: PNHS v/s Gerrit Maritz, 14 Mei 2026, weg

PNHS 1 verloor met 5 spelle teenoor 1. Geluk aan Ivander Coetzee, wat sy wedstryd wen. Dit was ons vyfde ligabepaling waarvan ons 2 wen, 1 gelykop speel en 2 verloor.

PNHS 0/15 A wen met 4 spelle teenoor 2. Baie geluk aan Chayce Barlow en DZion Mouton wat hulle wedstryde wen. Dit was ons vyfde ligabepaling waarvan ons 4 wen en 1 gelykop speel.

2.2 Distrik Uitspele, 16 Mei 2026, Gerrit Maritz

Baie geluk aan Lex Bowles (0/18) en Santiago Bezuidenhout (0/15) wat hulself onderskei as deel van die top 6 spelers in ons cluster. Hulle dring deur na die distrik finaal op 30 Mei 2026 by Acudeo College.

3. Tennis

14 Mei: PNHS Seuns 0/15 A v/s Wilgers 0/15 A. PNHS 0/15 A wen met 65 potte teenoor 2. Baie geluk aan Phillip Beukes (10-1), Raven Petersen (11-0), Dario van Deventer (11-0) en Cilliers Janse van Rensburg (11-0) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons sesde ligawedstryd, waarvan ons 6 wen.

14 Mei: PNHS Seuns 0/15 B v/s Wonderboom 0/15 A. PNHS wen met 62 potte teenoor 5. Geluk aan Neil Botha (11-0), Zander Pieterse (9-2), SJ Labuschagne (9-2) en Jay Brandon (11-0) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons sewende ligawedstryd, waarvan ons sewe wen.

15 Mei: PNHS Seuns 1ste v/s Eduplex 1. Eduplex gee punte. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons 1 wen en 1 verloor.

15 Mei: PNHS Seuns 2de v/s Montana 3. PNHS verloor met 11 potte teenoor 56. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons twee verloor.

4. Wintersport: Hokkie

4.1 Pretoria Liga 3: PNHS v/s H/S Tuine, 12 Mei 2026, Tuine
Hokkie Uitslae (Dogters)
Span PN Tuine Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 1 0 1 1 1
0/15 A 5 0 1 1 0
0/16 A 2 0 3 0 0
2de - - 1 1 0
1ste 9 0 2 0 1
4.2 Seuns Hokkie: Pretoria Liga 5: PNHS 1 v/s Centurion 2, 13 Mei 2026, weg

PNHS 1 wen Centurion 2 met 3 doele teenoor 1. Baie geluk aan Ruan Schoonraad, Jayden Neethling en Ewan Rynners wat doele aanteken. Dit was ons vyfde ligawedstryd, waarvan ons vier wen en een gelykop speel.

4.3 Pretoria Liga 4: PNHS v/s H/S Erasmus, 14 Mei 2026, Erasmus
Hokkie Uitslae (Dogters)
Span PN Erasmus Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 1 0 2 1 1
0/15 A 2 0 2 1 1
0/16 A 6 0 4 0 0
2de 1 0 2 1 0
1ste 2 1 3 0 1
4.4 Pretoria Liga 5: PNHS v/s H/S Overkruin, 16 Mei 2026, Overkruin
Hokkie Uitslae (Dogters)
Span PN Overkruin Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 1 1 2 1 2
0/15 A 1 3 2 2 1
0/16 A 3 2 5 0 0
2de 1 0 3 1 0
1ste 5 0 4 0 1

5. Wintersport: Netbal — Pretoria Jubilee B: Liga 5: PNHS v/s Centurion, 15 Mei 2026, weg

Netbal Uitslae (A-spanne)
Span PN Centurion Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 13 21 1 4 0
0/15 A 9 20 0 5 0
0/16 A 20 8 3 2 0
0/17 A 16 18 2 3 0
1ste 13 34 1 4 0
Netbal Uitslae (B-spanne)
Span PN Centurion Gewen Verloor Gelyk
0/14 B 27 14 5 0 0
0/15 B 5 20 1 4 0
0/16 B 14 6 2 3 0
2de 12 30 2 3 0
Netbal Uitslae (C-spanne)
Span PN Centurion Gewen Verloor Gelyk
0/14 C 8 10 2 3 0
0/15 C 5 14 1 4 0

6. Wintersport: Rugby — Blou Bulle Liga 3: PNHS v/s H/S Erasmus, 16 Mei, weg

Rugby Uitslae (A-spanne)
Span PN Erasmus Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 12 17 1 2 0
0/15 A 22 14 3 0 0
0/16 A 34 12 3 0 0
2de 38 24 2 1 0
1ste 28 22 3 0 0
Rugby Uitslae (B-spanne)
Span PN Erasmus Gewen Verloor Gelyk
0/14 B 24 0 2 1 0
0/15 B 17 31 1 2 0
0/16 B 19 15 2 1 0
3de 32 19 1 2 0

7. Program vir die week

Maandag, 18 Mei
  • Graad 8–12, dag 3.
  • Graad 9 A, B en C: JAT toetsing (09:00, saal).
  • Graad 12: Addissionele Akademiese uur, Sleutel 3 (14:15).
  • Detensie (14:15–16:15).
  • IGO PAT (14:15–15:15, K 10).
  • PNNK: Toneeloudisies (14:15–17:00, saal).
  • Gasvryheidstudies: Interne Vasvra (14:00, restaurant).
  • Sagtebal: Akademievergadering (18:00, restaurant).
Dinsdag, 19 Mei
  • Graad 8–12, dag 4.
  • Graad 9 D, E en F: JAT toetsing (09:00, saal).
  • Graad 12: Addissionele Akademiese uur, Sleutel 4 (14:15).
  • PNNK: Toneeloudisies (14:15–16:00, saal).
Woensdag, 20 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8 en 9, dag 5.
  • Addissionele Akademiese uur (14:15).
  • Netbal Liga 6: PNHS v/s Midstream, weg.
  • Skaak: Liga 6: PNHS v/s Elandspoort (14:30, tuis).
Donderdag, 21 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8–9, dag 6.
  • Tennis: 0/15 A Seuns v/s Hatfield (14:30, PN klub).
  • Tennis: 0/15 B Seuns v/s Rietondale (14:30, PN Klub).
  • Sagtebal: Akademievergadering (18:00, restaurant).
Vrydag, 22 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8–9, dag 1.
  • Tennis: Seuns 1 v/s Garsfontein (14:30, PN Klub).
  • Tennis: Seuns 2 v/s Monument (14:30, PN Klub).
Saterdag, 23 Mei
  • Rugby: Blou Bulle Liga 4: PNHS v/s Wonderboom (09:00, tuis).
  • Hokkie Liga 6: PNHS v/s Centurion (09:00, TUT).
Maandag, 25 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8–9, dag 2.
  • Detensie (14:15–16:15).

Vriendelike Groete
CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug