Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 12/2026
Administratief
April 13, 2026
Omsendbrief 12 / 2026
Geagte ouers
1. Lief en Leed
Ons verwelkom vir Mej. S. Botha by ons, sy is ‘n student van NWU, wat by ons waarneming doen tot 12 Mei 2026 in die vak RTT.
2. Tennis
9 April: PNHS Dogters 1 v/s Loreto Convent 1. PNHS wen met 57 potte teenoor 10.
Baie geluk aan Mia Rynners (11-0), Yolanda Pretorius (7-4), Miané du Plessis (10-1) en Kayla Fourie (11-0) wat almal hulle wedstryde wen.
Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier wen.
9 April: PNHS Seuns 0/15 B v/s Waterkloof 0/15 E. PNHS wen met 58 potte teenoor 9.
Geluk aan SJ Labuschagne (8-3), Zander Pieterse (10-1), Neil Botha (10-1) en Callie Eksteen (11-0) wat almal hulle wedstryde wen.
Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons drie wen.
3. Wintersport: NWU 16 Semi-Finaal (11 April 2026, Volksrust)
Hokkie Uitslae
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 6 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 0/14 A | SC | 4 | |
| 0/15 A | PN | 3 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 0/15 A | SC | 0 | |
| 0/16 A | PN | 2 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/16 A | Fer | 1 | |
| 2de | PN | 3 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 2de | Fer | 5 | |
| 1ste | PN | 1 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 1ste | Fer | 0 |
SC = Sarel Cilliers / Fer = Ferrum
Baie geluk aan ons 0/16 span wat in die Beker Finaal sal speel by NWU op 25 April 2026.
Rugby Uitslae
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 52 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 0/14 A | Volks | 17 | |
| 0/15 A | PN | 19 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/15 A | Fer | 18 | |
| 0/16 A | PN | 24 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 0/16 A | SC | 10 | |
| 2de | PN | 31 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 2de | Pion | 17 | |
| 1ste | PN | 7 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 1ste | Fer | 10 |
Volks = Volksrust / SC = Sarel Cilliers / Fer = Ferrum / Pion = Pionier
Baie geluk aan ons:
- 0/15 en 1ste spanne wat in die Beker Finaal sal speel by NWU op 25 April 2026.
- 0/16 span wat sal speel in die Plaat Finaal by NWU op 25 April 2026.
Netbal Uitslae
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 21 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/14 A | Pion | 7 | |
| 0/15 A | PN | 11 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 0/15 A | Pion | 8 | |
| 0/16 A | PN | 20 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/16 A | Pion | 15 | |
| 2de | PN | 19 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 2de | SC | 10 | |
| 1ste | PN | 20 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 1ste | Fer | 32 |
Pion = Pionier / SC = Sarel Cilliers / Fer = Ferrum
Baie geluk aan ons 2de span wat sal speel in die Plaat Finaal by NWU op 25 April 2026.
4. Skaak: Kloof Kings & Queens Clash, 11 April 2026, H/S Waterkloof
Kloof Kings & Queens Clash (11 April 2026, H/S Waterkloof)
- Ons spelers neem deel aan hierdie toernooi om Skaak Suid-Afrika graderings te kry.
- Ons 1ste span eindig 13de uit 25 spanne.
- Ons beginnerspanne kry goeie blootstelling teen top skaak skole.
- Dankie vir almal se deelname.
5. Padwedloop: “Tshwane North Ultra marathon” 18 April 2026
PNHS is opgewonde om aan te kondig dat ons in venootskap gegaan het saam met City of Tshwane, Atletiek Gauteng-Noord, Mpileng Group, Addicted to Life, Madoko en Atteridgeville klub om hierdie kwalifiserende marathon vir die Comrades aan te bied. Padwedloop entosiaste kan aanlyn inskryf vir die 50km, 21km, 10km of 5km padwedlope by www.tshwanenorthultra.com. Kontaknommers: 0799654524 / 073 4973141.
Nommers vir die 5km padwedloop is ook nou by ons Finansies toonbank beskikbaar teen R 100.
6. Program vir die week
Maandag, 13 April
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Bemarking: Laerskool besoeke.
- Graad 12: Addisionele Akademiese uur (14:15).
- Graad 12: IGO PAT (14:15, K10).
- Skaak Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
- Rugby Akademievergadering (18:00, Konferensiekamer).
Dinsdag, 14 April
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Bemarking: Laerskool besoeke.
- Graad 12: Addisionele Akademiese uur (14:15).
- PN-Raadvergadering (15:00, K14).
- Tennis: Dogters 2de v/s Tuine (14:30, weg).
- Jukskei Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
- Krieket Akademievergadering (18:00, Konferensiekamer).
Woensdag, 15 April
- Graad 8 – 12, dag 6.
- VLR-vergadering (15:00, K76).
- Graad 12: Addisionele Akademiese uur (14:15).
- Netbal: PNHS v/s Wonderboom (14:30, tuis).
- Tennis: Dogters 1ste v/s Akasia (14:30, weg).
- Tennis: Dogters 2de v/s Rosina Sedibane (14:30, tuis).
- Hokkie: Seuns 1ste v/s Hatfield Christian Church (14:30, weg).
- Skaak: PNHS v/s Pretoria-Wes (14:30, tuis).
Donderdag, 16 April
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Rapporte uit.
- Graad 12: Addisionele Akademiese uur (14:15).
- Rugby: B-spanne v/s Afrikaans Hoër Seuns (14:30, tuis).
- Tennis:
- 0/15 A Seuns v/s Zwartkop (14:30, tuis).
- 0/15 B Seuns v/s Gerrit Maritz (14:30, tuis).
- Sagtebal Akademievergadering (18:00, restaurant).
Vrydag, 17 April
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Interne Vasvra (14:15, K18–24).
- Leierontwikkelingsdag (15:00 – 17:00).
Saterdag, 18 April
- Hokkie: PNHS v/s H/S Erasmus (09:00, weg).
- PNHS & Mpileng Groep Padwedloop (05:00, Akasia Stadsaal).
Maandag, 20 April
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie (14:15 – 16:15).
- Graad 12: IGO PAT (14:15, K10).
- Rasieleier oudisies (14:30 – 17:00).
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
