Kultuur
![](/assets/images/informasie/kultuur/debat/debat_2024.jpg)
Debat
Daar word elke jaar debat oudisies gehou. Daar word dan vyf spanne gekies. Twee junior spanne wat drie in ‘n span is. En drie senior spanne wat twee in ‘n span is.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/english-evening/englishevening.jpg)
English evening
The English Evening is presented once a term, for the first three terms. Learners compete in presenting a speech, whether specially prepared for the occasion, or one already presented in class.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/fak-afrikaanse-ekspo/fak.jpg)
FAK / Afrikaanse ekspo
Hierdie kompetisie word deur die FAK geloods om die leerlinge verbonde aan skole of studente verbonde aan universiteite se kreatiewe denke vrye teuels te gee rondom ‘n tema.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/fotografieklub/fotografie.jpg)
Fotografieklub
“Kliek, kliek, kliek…” Dit is die klank van ons kameras wat jy hoor om jou beste oomblik of sommer net iets mooi vas te vang. Kom word deel van die PNHS-paparazzi.
Lees meerGeesgroep
“Al wat jy sien is die Vuurmasjien”, ‘n nuwe tradisie wat in 2018 by PNHS gestig is. Sou jy steeds wonder wie of wat die Vuurmasjien is, dit is die skool se eie gelukbringertjie of beter bekend as ‘n “Mascot” wat saam met die skool se geesgroep sorg vir vuurwarm gees by sportgeleenthede.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/interne-vasvrae/internevasvra.jpg)
Interne vasvra
PNHS se leerders kry reg deur die jaar die geleentheid om aan verskeie interne vasvra kompetisies deel te neem.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/koor/koor_2024.jpg)
Koor
Die koor van PNHS staan bekend as Canta Libre wat beteken om ‘vrylik te kan sing’. Die koor is in 2017 gestig en spog tot vandag met mooi musiek en ‘n familie-gees.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/kunswedstryde/art.jpg)
Kunswedstryde
Die leerders het geleentheid om in in te skryf vir 6 tot 7 kompetisies 'n jaar sodat hul unieke talente met die land en wêreld gedeel kan word. ategorieë waarvoor leerders kan inskryf is enigiets vanaf voorbereide en onvoorbereide voordrag tot kreatiewe kunste en sang.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/mnr-en-mej-pnhs/mr_mej_2024.jpg)
Mnr en Mej PNHS
Mnr. en Mej. Hoërskool Pretoria-Noord – Die sosiale glansgeleentheid van die jaar.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/pnnk/pnnk.jpg)
PNNK
Hoërskool Pretoria-Noord bied jaarliks die PNNK (Pretoria-Noord Nasionale Kunstefees) aan waartydens die gehoor trakteer word met ʼn mengelmoes van items wat onder andere insluit dans, sang, instrumentale spel, groepoptredes, drama en voordrag, insluit.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/redenaars/redenaars_2022.jpg)
Redenaars
Redenaars bevorder leerders se vermoëns om voor ‘n gehoor met selfvertroue te kan praat, standpunt te kan inneem en ‘n gehoor daarvan te oortuig. PNHS kweek sterk sprekers met ‘n opinie! Onthou, jou woorde het meer krag as ‘n atoombom – kies daarom joune wys en maak jou stem dik deur deel te word van PNHS se redenaarspan.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/revue/revue_2024.jpg)
Revue
PNHS se revue sal enige kultuurliefhebber se tone laat omkrul van lekkerkry. Dit is geen geheim dat die vertonings iets vir almal inhou en dat die revue elke jaar oor ‘n tema beskik wat die gehoor se hartsnare ,op ‘n voelgoed wyse, roer nie.
Lees meerToneel
Die toneelgroepe bring jaarliks tydens die PNNK (Pretoria-Noord Nasionale Kunstefees) top produksie op die planke.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/wapadlig/wapadlig_hoof.jpeg)
Wapadlig
Pretoria-Noord se aspirant joernaliste lewer verslag oor gebeurtenisse van ons skool.
Lees meer![](/assets/images/informasie/kultuur/wintertee/wintertee_2024.jpg)