Fotografieklub

Fotografieklub

Ons het 'n fotografieklub wat een keer elke maand vergader. Byeenkomste vind gewoonlik op die eerste Donderdag van die maand plaas.


Tydens die byeenkomste leer ons hoe die kamera werk en ons oefen verskillende tegnieke. Leerders word aangemoedig om foto’s tydens sport en ander funksies by die skool, te neem. Foto’s word op die webwerf geplaas en ook in ons skoolkoerant gebruik.


Nuutste Nuus


Nog 'n jaar is verby. Die lede van die fotografieklub het heerlik foto's geneem deur die jaar, nie net van aktiwiteite by die skool nie, maar ook van temas waarvan hulle hou. Ons het reeds afgesluit vir die jaar en sien daarna uit om volgende jaar weer volstoom aan die afneem te wees.

Ons eerste vergadering is D.V. op 23 Januarie 2020. Almal wat belangstel is welkom!



Personeel


Me. H. Robbertse


Gallery



Terug