Mnr en Mej PNHS

Mnr en Mej PNHS

Mnr en Mej. Pretoria-Noord is dié kultuur glansgeleentheid van die jaar. 20 leerders word gekies om deel te neem aan die kompetisie wat in Maart plaasvind.


Mnr. en Mej. Hoërskool Pretoria-Noord is verseker een van die hoogtepunte op elke jaar se sosiale kalender. Hierdie spoggeleentheid is beslis nie net ʼn skoonheidskompetisie nie, maar bied ook aan ons Gr. 10 – Gr. 12 ʼn platform vir selfontdekking en persoonlike groei ten opsigte van ʼn gesonde en positiewe selfbeeld. Gedurende die oefensessies word finaliste deur bekwame afrigters touwys gemaak rakende loopplank-etiket, hoe om uitrustings te modelleer en hoe om jouself te handhaaf wanneer die kollig op jou val. Daar word egter nie gepoog om ʼn plastiese en generiese voorkoms van skoonheid uit te beeld nie. In teen deel word finaliste gemotiveer om die gehoor en die beoordeellaars deur hulle eie unieke sjarme en sprankelende persoonlikhede te betower. Die uiteinde is dat elke finalis sy/haar eie definisie moet verleen aan die konsep van skoonheid en besef dat filters en ander toeps wat gebruik word om foto’s te dokter net valse illusies skep.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Mnr. en Mej. PNHS 2023 – WE WILL ROCK YOU.

Die organiseerders het dit goed gedink om ʼn tema te kies wat kon aansluit by die skool se 80-jaar feësvieringe. Die gehoor was aangenaam verras toe die finaliste hulle opwagting van agter uit die saal gemaak het op die legendariese liedjie van Queen; We will rock you. Vir die informele drag het elke finalis sy/haar eie uitrusting en liedjie uit die 80’s gekies en moes verder ook self ʼn kort produksie op die liedjie choreografeer en opvoer. Anders as vorige jare moes die finaliste ook hulle self bekend gestel het aan die gehoor en die beoordeellaars. Die idee hieragter was om elke finalis ʼn geleentheid te kon bied om sy/haar uniekheid en menswees ten toon te stel. Na afloop van die pouse het die finaliste in pare oor die loopplank heen gepronk in pragtige aandrokke en pakke wat deur Smart Guy voorsien is. Dit was verseker ʼn opwindende aand en die gehoor, sowel as die finaliste en beoordeellaars het dit terdeë geniet. PNHS-gunsteling is verkies deur middel van ʼn Facebook-kompetisie met leerders, ouers en ander gemeenskapslede wat kon stem vir hulle gunsteling finalis deur die gekose foto op die blad te “like”. Verder het die finaliste self onder mekaar gestem vir Mnr. en Mej. Persoonlikheid asook Mnr. en Mej. Fotogenies.

2023 Wenners:

PNHS-Gunsteling: Chané de Lange

Mnr. Fotogenies: Donovan Wallendorf

Mej. Fotogenies: Jacinda de Lange

Mnr. Persoonlikheid: Wian Rynners

Mej. Persoonlikheid: Istelle Brand

Mnr. Hoërskool Pretoria-Noord: Nico Bos

1ste Prins: Luan O’Callaghan

2de Prins: Wade Basson

Mej. Hoërskool Pretoria-Noord: Jacinda de Lange

1ste Prinses: Chané de Lange

2de Prinses: Istelle Brand

Afrigters en Personeel betrokke:

Me. A van Niekerk, Mnr. B Augostine, Mnr. H Jacobs, Me. A Pieterse en Nadine Barkhuizen.

Na die seisoen:

Die organiseerders is reeds druk besig met die reëlings vir Mnr. en Mej. Pretoria Noord 2024.

Nuwe Jaar! Nuwe Reën! Die storm is op pad!



Gallery



Terug