Interne vasvra

Interne vasvra

PNHS se leerders kry reg deur die jaar die geleentheid om aan verskeie interne vasvra kompetisies deel te neem.


Ons lees nie meer nie, ons luister nie meer nie, en ons kan nie meer behoorlik kommunikeer nie – ons wȇreld verklein. Dit is net jy en jou selfoon: Die interne algemene kennisvasvrakompetisie vind drie keer ‘n jaar plaas: in die eerste kwartaal, die tweede kwartaal en die derde kwartaal. Die vrae handel oor dit wat rondom jou gebeur. Jou kennis word getoets oor aktuele gebeure in die skool, die land en in die wȇreld. Dit is ‘n vraestel wat uit veelvuldige keuses bestaan.

Bernard Beukman (redakteur van Beeld) het die volgende opmerking gemaak. By enige werksonderhoud word daar vereis dat die kandidate oor ‘n wye algemene kennis moet beskik

Die kompetisie vind in die eerste drie kwartale plaas. Die eerste drie hoogste gemiddeldes per graad se name en persentasie word aangekondig.

Leerlinge wat drie kwartale deelneem, ontvang aan die einde van die jaar ‘n erekaart. Die beste van alles is - die kompetisie is gratis.

In 2023 is Annabelle van Wyk, ‘n graad 9 leerder, aangewys as die algehele wenner.

Annabelle van Wyk

Kan jy die volgende vrae korrek beantwoord?

Wie is die eerste minister van Engeland?

Hoe oud was koninging Elizabeth toe sy oorlede is?

Hoe lank het koningin Elizabeth as monarg geheers?

VOORUITSKOUING VAN DIE SEISOEN

Wie gaan vanjaar met die Myburgh- trofee wegstap as beste presteerder in die Interne Algemene Kennisvasvrakompetisie?

AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE

Organiseerder:Juffrou Du Toit, in samewerking met die Afrikaans Departement.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Die Interne algemene kennisvasvrakompetisie:

Die kompetisie groei jaarliks met aantal deelnemers. Die interessante van dié kompetisie is die gesonde wedywering tussen seuns en dogters.

Bernard Beukman (redakteur van Beeld) het die volgende opmerking gemaak. By enige werksonderhoud word daar vereis dat die kandidate oor ‘n wye algemene kennis moet beskik. Byvoorbeeld: “Weet jy wie is die president van Engeland?”

Dié kompetisie vind kwartaalliks plaas en daar word geen fooi gehef vir deelname nie.



Gallery



Terug