Waarna is jy opsoek?


PNHS-sagtebal sluit TSSA-liga met sewe medaljes af!


Hoërskool Pretoria-Noord se sagtebalspanne het op Saterdag, 17 Oktober 2026, tydens die TSSA-liga se A- en B-spanfinale hul staal gewys.



Page image

Hoërskool Pretoria-Noord se sagtebalspanne het op Saterdag, 17 Oktober 2026, tydens die TSSA-liga se A- en B-spanfinale hul staal gewys. Ons Noordies sluit die kompetisie af met twee goue, drie silwer- en twee bronsmedaljes, asook verskeie individuele toekennings!

Seunspanne se uitslae

  • O.19A – Goud: Ons seuns wen die bekerfinaal teen Homespun met 5–2.
  • O.14A – Goud: In ’n naelbyt-bekerfinaal klop ons jong Noordies HBP met 6–5.
  • O.15A – Silwer: Die span eindig tweede ná ’n 7–14-nederlaag teen HBP in die bekerfinaal.
  • O.16A – Silwer: Ons seuns verloor die bekerfinaal teen HBP met ’n enkele lopie, 8–9.
  • O.19B – Brons: Die span verower brons in die plaatkompetisie nadat Akasia se o.19A-span onttrek het.
  • O.15B – Brons: Die span verower brons in die plaatkompetisie nadat Rietondale se o.15A-span onttrek het.

Ravens verower silwer

Ons o.19A-dogters, die Ravens, verower silwer nadat hulle die bekerfinaal teen Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) met 0–2 verloor het. Ons is trots op hul deursettingsvermoë en die pad wat hulle tot in die finaal gestap het!

Individuele uitblinkers in die TSSA-liga

Die volgende spelers het ook individuele erkenning vir hul uitstekende spel ontvang:

  • Beste kolwer, o.14: Jonathan de Lange
  • Beste kolwer, o.15: Jaydrian Brandon
  • Beste gooier, o.19: Jayden Neethling
  • Beste vanger, o.19: Arno Schreuder
  • Beste gooier, o.19A-dogters: Amorey Wallendorf
  • Beste vanger, o.19A-dogters: Anelskha van Wyk

Baie geluk aan elke speler en afrigter met hierdie prestasies. Dankie aan ons spanbestuurders, ouers, ondersteuners en ons borge vir julle tyd, aanmoediging en ondersteuning deur die seisoen.

Julle hou PNHS se naam hoog, ons is trots op elkeen van julle!



Gallery




Terug