Akademie

Alpha Wiskunde
Alpha Wiskunde stel leerders in staat om kreatief te dink. Dit maak die gaping tussen skool en Universiteit baie kleiner want dit berei leerders voor met die basiese kennis om die eerste paar maande op Universiteit ‘n bietjie makliker te maak.
Lees meer
Eksamenafbakening
Die nuutste eksamenafbakening vir elke graad en per vak word vroegtydig voor die Junie en November eksamen opgelaai. Hou gerus hierdie spasie dop om betyds skouer aan die wiel te sit vir die komende eksamen.
Lees meer

Gasvryheidstudies
U kind gaan in hierdie vak praktiese en praktykgerigte vaardighede aanleer wat dit vir hom/haar moontlik sal maak om na graag 12 die beroepwêreld te betree. Entrepreneurskap in die voedselbedryf word ook ontwikkel.
Lees meer
Ingenieursgrafika en -Ontwerp
Ingenieursgrafika en –ontwerp (IGO) is ‘n keusevak van Gr.10 – 12 wat internasionaal erkende beginsels onderrig wat op beide akademiese en tegniese velde toegepas kan word.
Lees meer
Olimpiades
By Hoërskool Pretoria-Noord strek uitnemendheid verder as die klaskamer – ons leerders blink ook uit in Olimpiades! Jaarliks meet hulle hul kennis en vaardighede in die Junior en Senior Afrikaanse Olimpiades, sowel as in die Lewenswetenskap- en Wiskunde-Olimpiades. Hierdie uitdagings bied aan leerders die geleentheid om hul potensiaal te ontwikkel en hul akademiese vernuf op ‘n hoër vlak te toets.
Lees meer
Tegnologie
Tegnologie bevorder leerders om kritiese denkers te wees deur innoverend te wees. Dit leer hulle hoe om tyd effektief te bestuur, en bied geleenthede vir samewerkende leer. Dit ontwikkel en pas spesifieke ontwerpvaardighede toe om probleme op te los, asook om die samelewing en die omgewing te waardeer.
Lees meer
Toerisme
Die Geesteswetenskappe-departement van Hoërskool Pretoria-Noord bied holistiese onderrig aan leerders. Hulle kry die geleentheid om die leerinhoud nie net in handboeke te bestudeer nie, maar dit ook eerstehands te ervaar.
Lees meer
Vakke
By Hoërskool Pretoria-Noord bied ons ’n gebalanseerde en uitgebreide vakkeuse aan wat leerders toerus met die kennis, vaardighede en geleenthede om hul toekoms met selfvertroue aan te pak.
Lees meer
Wetenskappe
Wetenskap is 'n vakgebied wat die algemene waarhede of die werking van algemene wette dek, soos verkry en getoets deur wetenskaplike metodes. Die vakgebied bemoei homself met die fisiese wêreld en sy verskynsels.
Lees meer
Wolkskool
By Hoërskool Pretoria-Noord glo ons in die krag van gehalte-onderrig, binne én buite die klaskamer. As deel van ons verbintenis tot uitnemendheid, is ons trots om deel te wees van Wolkskool – ’n toonaangewende Afrikaanse aanlyn leerplatform.
Lees meer