Waarna is jy opsoek?


Gasvryheidstudies


Gasvryheidstudies

U kind gaan in hierdie vak praktiese en praktykgerigte vaardighede aanleer wat dit vir hom/haar moontlik sal maak om na graag 12 die beroepwêreld te betree. Entrepreneurskap in die voedselbedryf word ook ontwikkel.



Gasvryheidstudies is ‘n opwindende studierigting by PNHS. Gasvryheidstudies is ‘n dinamiese vak waar leerders vaardighede tydens praktiese klasse aanleer. Tydens restaurantaande berei die sjefs voedsel keuring en kreatief voor wat dan deur die kelners aan die gaste bedien word.

U kind gaan in hierdie vak praktiese en praktykgerigte vaardighede aanleer wat dit vir hom/haar moontlik sal maak om na graag 12 die beroepwêreld te betree. Entrepreneurskap in die voedselbedryf word ook ontwikkel.

Dit is ’n universiteitstoelatingsvak.

Lees meer

Het jy geweet?

Die gasvryheidsbedryf bied ’n wye verskeidenheid loopbaanmoontlikhede – van sjef en spyseniersorganiseerder tot hotel- of restaurantbestuurder, en nog vele meer.

By Hoërskool Pretoria-Noord is ons passievol oor Gasvryheidstudies en die veelsydige geleenthede wat die vakrigting vir leerders ontsluit.

Lees meer



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Gasvryheidstudies besoek The Roots Academy

Saterdag 15 Augustus het 'n paar voornemende sjefs en geleentheidsbeplanners die koue getrotseer vir 'n besonderse dag by The Roots Academy in Potchefstroom!

Grilkoors-temperature van net 2°C teen aankoms kon glad nie die geesdrif demp nie. Die dag was gepak met pret, nuwe vaardighede en baie gelag. Die deelnemers het hande vuil gemaak met die kuns van koekversiering, vars Naanbrood van niks af gebak en geurige hoendersosaties oor die oop vure gebraai.

Nadat die tafels spoggerig gedek is, is daar heerlik saam gesellig gekuier en aan die eie skeppings gesmul. Moeg, maar met vol mae en waardevolle nuwe kennis, is die pad terug Pretoria toe aangepak.

'n Wonderlike ervaring wat nog lank onthou sal word!



Gallery



Terug