Akademie

Eksamenafbakening
Die nuutste eksamenafbakening vir elke graad en per vak word vroegtydig voor die Junie en November eksamen opgelaai. Hou gerus hierdie spasie dop om betyds skouer aan die wiel te sit vir die komende eksamen.

Gasvryheidstudies
Gasvryheidstudies is ‘n opwindende studierigting en van die weinige rigtings waar ‘n leerder vanuit die skool in ‘n beroep kan instap.

Olimpiades
By H/S Pretoria-Noord presteer ons nie net in die klaskamer nie, maar ook in Olimpiades. Ons neem jaarliks deel aan beide die Junior en Senior Afrikaanse Olimpaide sowel as die Lewenswetenskap en Wiskunde Olimpaides.

Toerisme
Die Geesdeswetenskappe departement van Hoërskool Pretoria-Noord bied onderrig vir leerders op ‘n baie besonderse vlak. Leerders word die geleentheid gebied om die werk wat behandel word, nie net in hulle handboeke te sien nie, maar om die ware Jacob te kan beleef.

Wetenskappe
Wetenskap is 'n vakgebied wat die algemene waarhede of die werking van algemene wette dek, soos verkry en getoets deur wetenskaplike metodes. Die vakgebied bemoei homself met die fisiese wêreld en sy verskynsels.