Waarna is jy opsoek?


Uitstekende nuus vanaf die jukskeibane!


Hoërskool Pretoria-Noord het uitstekende nuus vanaf die jukskeibane ontvang!



Page image

Baie geluk aan ons O.19A-seuns- en O.19A-meisiespanne wat albei die eerste plek in die Gauteng-Noord Skoleliga behaal het. Hierdie besondere prestasie getuig van die spelers se harde werk, deursettingsvermoë, spanwerk en toewyding.

Ons wens ook al die ander PNHS-spanne geluk wat met groot passie en vasberadenheid deelgeneem het. Elke speler het sy of haar beste gelewer en tot die aansteeklike spangees langs die bane bygedra.

Baie geluk, Swart Renosters! Julle hou PNHS se naam hoog en maak ons besonder trots.



Gallery




Terug