Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Swartleeus skryf geskiedenis!
Sien sosiale posDie eerste span rugby van Hoërskool Pretoria-Noord, beter bekend as die Swartleeus, het die naweek van 26 April 2026 hul merk gemaak deur die gesogte PUK-reeks 16 trofee huis toe te bring.
Swartleeus skryf geskiedenis!
NWU 16 kampioene
Die eerste span rugby van Hoërskool Pretoria-Noord, beter bekend as die Swartleeus, het die naweek van 26 April 2026 hul merk gemaak deur die gesogte PUK-reeks 16 trofee huis toe te bring.
Hierdie oorwinning dra ekstra betekenis, aangesien dit die eerste keer in 11 jaar is dat die Swartleeus hierdie prestasie behaal – ’n ware bewys van deursettingsvermoë, spanwerk en onwrikbare trots.
Die manne van 2026 het nie net op die veld gewen nie, maar ook die hart van die PNHS-familie aangegryp met hul veggees en toewyding. Julle het gewys wat dit beteken om met eer en trots die skool se kleure te dra.
Swartleeus van 2026 – Hoërskool Pretoria-Noord is ongelooflik trots op julle!
