Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Swartleeus kroon ’n besondere seisoen met Noordvaal-glorie
Sien sosiale posSaterdag, 22 Augustus 2026, sal vir lank onthou word as ’n besondere dag in die geskiedenis van Hoërskool Pretoria-Noord toe ons Swartleeus hul seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit het.
Saterdag, 22 Augustus 2026, sal vir lank onthou word as ’n besondere dag in die geskiedenis van Hoërskool Pretoria-Noord toe ons Swartleeus hul seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit het.
Voor ’n trotse tuisskare het die Swartleeus teen Hoërskool Standerton te staan gekom in die finaal van die Virseker Noordvaal Beker- Afdeling 2. Na weke se harde werk, opoffering en voorbereiding het die manne een laaste keer alles vir die swart en goud gegee – en is hulle as Noordvaal-kampioene gekroon.
Hierdie oorwinning gaan oor soveel meer as net ’n beker. Dit vertel die verhaal van ’n span wat deur die hele seisoen saam gegroei het, mekaar vertrou het en aangehou veg het wanneer dit saak gemaak het. Elke oefening, elke wedstryd en elke opoffering het tot hierdie besondere oomblik bygedra.
Baie geluk aan elke speler en afrigter wat deel was van hierdie merkwaardige prestasie. Dankie ook aan die ouers, ondersteuners, personeel, borge en hele PNHS-gemeenskap wat week ná week bankvas agter ons manne gestaan het.
Aan ons Swartleeus: julle het nie net ’n finaal gewen nie julle het ’n hoofstuk in PNHS se geskiedenis geskryf.
Die beker is tuis. Die Swartleeus is Noordvaal-kampioene.
