Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Ravens veg terug en bespreek hul plek in die finaal!
Sien sosiale posPNHS se eerstespan-meisies, die Ravens, is deur na die finaal na ’n indrukwekkende oorwinning van 10–5 teen Hoërskool Wonderboom.
PNHS se eerstespan-meisies, die Ravens, is deur na die finaal na ’n indrukwekkende oorwinning van 10–5 teen Hoërskool Wonderboom.
Die wedstryd was vol spanning en emosie. Wonderboom het vir ’n groot deel van die wedstryd met 5–1 voorgeloop, maar ons dames het met vasberadenheid teruggeveg en die agterstand in ’n oorwinning omskep.
Hierdie terugvegpoging getuig van die Ravens se deursettingsvermoë, spanwerk en veggees. Ons is besonder trots op elke speler!
Sterkte met die finaal, Ravens! PNHS staan agter julle!
O.14-seuns bespreek hul plek in die sagtebalfinaal!
PNHS se O.14-seuns-sagtebalspan is deur na die finaal ná ’n indrukwekkende 18–1-oorwinning teen Hoërskool Gerrit Maritz!
Die seuns se harde werk, spanwerk en vasberadenheid wys. Ons is baie trots op julle en sien uit om julle in die finaal te ondersteun.
Sterkte met die finaal, seuns! PNHS staan bankvas agter julle!
