Waarna is jy opsoek?


PNHS skop die 2026 sagtebalseisoen af!


Met groot opgewondenheid het Hoërskool Pretoria-Noord die 2026-sagtebalseisoen amptelik afgeskop. Tydens die geleentheid is ons twee eerstespanne aan ouers, ondersteuners en die breër PNHS-familie voorgestel...



Page image

Met groot opgewondenheid het Hoërskool Pretoria-Noord die 2026-sagtebalseisoen amptelik afgeskop. Tydens die geleentheid is ons twee eerstespanne aan ouers, ondersteuners en die breër PNHS-familie voorgestel – spanne wat met trots die swart en blou hierdie seisoen sal verteenwoordig.

‘n Opregte woord van dank aan ons eerstespanborge, Dormehl Phalane Property Group en VDW Webcraft, vir julle waardevolle ondersteuning en belegging in ons sportprogram. Julle bydrae maak ‘n betekenisvolle verskil in die ontwikkeling van ons leerders.

Die bekendstellingsgeleentheid is verder verryk deur twee inspirerende gassprekers:

Rudi Geldenhuys het met spelers, afrigters en ouers gesels oor karakter, ingesteldheid en spanwaardes. Sy passie om atlete en sportspanne te help om hul volle potensiaal te bereik, het almal opnuut gemotiveer vir die seisoen wat voorlê.

Marco Labuschagne het die belangrike vraag gevra: “Wie is jy wanneer sport van jou weggeneem word?” Sy boodskap het spelers aangemoedig om hul identiteit nie net in prestasies op die veld te vind nie, maar ook in die mens wat hulle buite sport is.

Ons bedank elke persoon wat bygedra het om die aand ‘n sukses te maak – ons borge, gassprekers, afrigters, spelers, ouers en ondersteuners.

Ons wens al ons sagtebalspanne ‘n voorspoedige en suksesvolle seisoen toe. Mag dit gevul wees met groei, spanwerk, sportmangees en onvergeetlike oomblikke.

Sterkte aan elke speler en afrigter – ons sien uit na ‘n uitstekende seisoen!



Gallery




Terug