Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
PNHS skitter soos Kimberley-diamante!
Sien sosiale posHoërskool Pretoria-Noord se leerders het die afgelope naweek hul geskiedeniskennis tydens die FAK se Internasionale Geskiedenisolimpiade op die proef gestel.
Hoërskool Pretoria-Noord se leerders het die afgelope naweek hul geskiedeniskennis tydens die FAK se Internasionale Geskiedenisolimpiade op die proef gestel.
Allan, Raynard en Nicola neem reeds sedert Junie aan die olimpiade deel. Nadat hulle suksesvol deur die eerste ronde gevorder het, het hulle ook in die tweede ronde skitterend presteer.
Die uitslae is soos volg:
- Nicola Guelpa: Top 3 in graad 10
- Allan Ribeiro: Top 3 in graad 11
- Raynard Bosman: eerste plek in graad 11
Baie geluk met hierdie besondere prestasies! Ons leerders se liefde vir geskiedenis, kultuur en erfenis help om dit vir toekomstige geslagte te bewaar, terwyl hulle PNHS se naam op nasionale vlak hoog hou.
