Waarna is jy opsoek?


PNHS se eerste seuns- en dogterspanne deur na die sagtebalfinaal!


Ons eerste seunspan sluit by die eerste dogterspan in die finaal aan nadat die O.19 A-seuns HTS John Vorster met 14–0 geklop het.



Page image

Ons eerste seunspan sluit by die eerste dogterspan in die finaal aan nadat die O.19 A-seuns HTS John Vorster met 14–0 geklop het. Baie geluk, manne — ons is trots op julle!

Die seuns se uitslae was soos volg:

  • O.19 A: Wen 14–0 teen HTS John Vorster.
  • O.19 B: Verloor 0–15 teen Hoërskool Tuine.
  • O.16: Wen 9–1 teen Homespun.
  • O.15 A: Wen 6–5 teen Hoërskool Wagpos.
  • O.15 B: Verloor 4–23 teen Hoërskool Overkruin.

Dankie aan elke speler en afrigter vir julle harde werk en toewyding. Sterkte aan ons eerste seuns- en dogterspanne met die voorbereiding vir die finaal — die PNHS-familie staan bankvas agter julle!



Gallery




Terug