Waarna is jy opsoek?

PNHS-rugby dring deur na die Stadsbeker-finaal!

Baie geluk aan Hoërskool Pretoria-Noord se O/15A-, O/16A- en 1ste rugbyspanne wat daarin geslaag het om deur te dring na die finaal van die Stadsbeker!

Page image

Baie geluk aan Hoërskool Pretoria-Noord se O/15A-, O/16A- en 1ste rugbyspanne wat daarin geslaag het om deur te dring na die finaal van die Stadsbeker!

Hierdie prestasie is die resultaat van harde werk, deursettingsvermoë, spanwerk en die trots waarmee ons spelers week na week die PNHS-kleure verteenwoordig. Ons is ongelooflik trots op elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel is van hierdie besondere sukses.

Die finaal vind plaas op 25 Julie 2026, en ons sien uit daarna om ons spanne met dieselfde passie en gees te ondersteun waarmee hulle die seisoen aangepak het.

Sterkte manne, die hele Noorde staan agter julle!

“Voor in die Wapad brand ’n lig!”

Gallery

Terug