Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
PNHS Rugby Blink in 2026
Sien sosiale posHoërskool Pretoria-Noord se rugbyprogram beleef 'n besonder suksesvolle seisoen, met drie spanne wat as ligawenners gekroon is.
Hoërskool Pretoria-Noord se rugbyprogram beleef ‘n besonder suksesvolle seisoen, met drie spanne wat as ligawenners gekroon is.
Baie geluk aan ons O/15A-span, die Tweedespan (Witleeus) en ons Eerstespan (Swartleeus) wat almal hul onderskeie ligas gewen het. Hierdie prestasie getuig van die harde werk, toewyding en deursettingsvermoë van die spelers, afrigters en ondersteuners wat deur die seisoen saamgestaan het.
Ons is ongelooflik trots op hierdie spanne wat die naam van Hoërskool Pretoria-Noord met trots uitgedra het en uitstekende rugby op die veld gelewer het.
Terwyl die ligaseisoen nou afgehandel is, lê daar nog opwindende uitdagings voor. Ons wens ons O/15A-, O/16A- en Eerstespan alle sterkte toe met die uitspele wat voorlê. Mag julle voortbou op hierdie sukses en steeds die waardes van PNHS met trots uitleef.
Baie geluk, Swartleeus en Witleeus – julle maak die PNHS-familie trots!
