Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
The Skin You're In – PNHS Revue Skitter!
Sien sosiale posThe Skin You’re In is ’n energieke en kleurvolle revue wat elkeen aanmoedig om sy of haar unieke storie te vier. Met sprankelende kostuums, helder kleure, treffende musiek en dinamiese dansnommers breek dié produksie weg van etikette, stereotipes en die druk om in ’n boksie te pas.
Dit is ’n viering van individualiteit, selfaanvaarding en die moed om onbeskaamd en eg jouself te wees. Die produksie neem die gehoor op ’n inspirerende reis wat jou laat glimlag, saamsing en onthou dat die mooiste mens wat jy ooit kan wees, eenvoudig jy is.
Op 1 September 2026 het PNHS aan die Kaleidoscope (TYAF) Revuefinaal deelgeneem. Ons talentvolle revuegroep het ’n uitstekende 85% vir hul produksie behaal en boonop die tweede plek in die kompetisie verower!
Die avontuur is egter nog lank nie verby nie! Ons revuegroep neem op 4 September aan die 8Beats-kompetisie by Gold Reef City deel en op 11 September aan die SA Champs by die Moreleta Ouditorium.
Baie geluk aan elke leerder, afrigter en persoon agter die skerms wat hierdie produksie moontlik maak. Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alle sterkte toe met die volgende twee kompetisies.
