Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
PNHS-jukskeispelers ontvang besondere erkenning
Sien sosiale posAnuske van Dyk-Stroebel, MP O’Grady en Kylie Steyn het op 10 Oktober 2026 erkenning van Gauteng-Noord Jukskei ontvang vir hul prestasies gedurende die 2025/2026-seisoen.
Anuske van Dyk-Stroebel, MP O’Grady en Kylie Steyn het op 10 Oktober 2026 erkenning van Gauteng-Noord Jukskei ontvang vir hul prestasies gedurende die 2025/2026-seisoen.
Anuske van Dyk-Stroebel is aangewys as die Gauteng-Noord Akademie-meisiespeler van die Jaar. Haar sertifikaat erken ook haar deelname aan die Gauteng Akademie-meisiespan vir 2025/2026, die Akademie-afdeling se proefwedstryde in 2025 en die SA Akademiemeisies in 2025.
MP O’Grady is vereer as ’n O.19-seunsuitblinker by die Direkteurstoernooi en vir sy goue medalje by die Gauteng Ope in die O.19B-seunsafdeling.
Kylie Steyn het erkenning ontvang vir haar goue medalje by die Gauteng Ope in die O.19B-meisiesafdeling.
PNHS is besonder trots op hierdie spelers. Baie geluk met julle prestasies en die harde werk wat dit moontlik gemaak het!
