Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
PNHS Hokkie-akademie begin in September
Sien sosiale posHoërskool Pretoria-Noord se Hokkie-akademie begin op 4 September 2026 en bied aan Graad 1- tot 7-leerders die geleentheid om hul hokkievaardighede in ’n veilige en ondersteunende omgewing te ontwikkel.
Hoërskool Pretoria-Noord se Hokkie-akademie begin op 4 September 2026 en bied aan Graad 1- tot 7-leerders die geleentheid om hul hokkievaardighede in ’n veilige en ondersteunende omgewing te ontwikkel.
Die akademie fokus op professionele afrigting, vaardigheidsontwikkeling, spanwerk, leierskap en voorbereiding vir leerders se toekomstige hokkieloopbaan.
Belangrike besonderhede
- Wanneer: Vrydagmiddae van 16:00 tot 17:30.
- Waar: Hoërskool Pretoria-Noord.
- Registrasiefooi: R200, wat ’n T-hemp insluit.
- Maandelikse fooi met bussievervoer: R200.
- Maandelikse fooi met ouervervoer: R150.
- Bussievervoer: Beskikbaar indien minstens 10 leerders van die diens gebruik maak.
Die registrasiefooi is eenmalig betaalbaar voor 1 Februarie 2027.
Ouers en belangstellendes kan by die WhatsApp-groep aansluit om verdere inligting en belangrike kommunikasie oor die Hokkie-akademie te ontvang:
Sluit hier by die PNHS Hokkie-akademie se WhatsApp-groep aan
Navrae kan ook gerig word aan [email protected].
