Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
PNHS Hokkie 7’s: ’n Dag vol doele, pret en spangees!
Sien sosiale posVan beginners tot PNHS se beste spelers het op 17 Oktober die veld gedeel vir ’n dag vol hokkie, pret en gesonde kompetisie.
Van beginners tot PNHS se beste spelers het op 17 Oktober die veld gedeel vir ’n dag vol hokkie, pret en gesonde kompetisie. Met hope doele, lag en geesdriftige ondersteuning langs die veld was daar geen tekort aan opwinding nie!
Ons toekomstige Maroelapitte het ook hul slag kom wys. Hooked on Hockey het die meeste doele van die dag aangeteken en bewys dat daar belowende talent op pad is. Ons sien sommer nóg meer uit na die nuwe seisoen!
Die dag se wenners was:
- Juniorwenners: Die Barbies
- Seniorwenners: The Opposites
- Geeswenners: Sandy Cheeks
- Meeste doele: Hooked on Hockey – ons toekomstige Maroelapitte!
’n Groot dankie aan Ninapark Spur vir die heerlike middagete vir ons afrigters en die pryse vir ons wenners. Julle bydrae het die dag ekstra spesiaal gemaak.
Dankie aan elke speler, ondersteuner en helpende hand wat tot die dag se sukses bygedra het. Dít is hoe ons hokkie by PNHS geniet!
