Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
PNHS Alumni – Ons is op soek na jou!
Sien sosiale posWas jy eens 'n trotse leerder van Hoërskool Pretoria-Noord? Dan wil ons graag weer met jou kontak maak!
PNHS Alumni – Ons is op soek na jou!
Was jy eens ‘n trotse leerder van Hoërskool Pretoria-Noord? Dan wil ons graag weer met jou kontak maak!
PNHS is besig om ons Alumni-netwerk uit te brei en te versterk. Ons wil graag ons oudleerders, oudpersoneel, voormalige sportlui, kultuursterre en almal wat deel was van die PNHS-familie, weer bymekaar bring.
Deur hierdie vorm in te vul, help jy ons om:
- Alumni op hoogte te hou van skoolnuus en geleenthede.
- Oudleerders uit te nooi na sport-, kultuur- en sosiale funksies.
- Suksesverhale van ons alumni te deel.
- Die trotse geskiedenis en tradisies van PNHS lewendig te hou.
Maak asseblief ‘n paar minute beskikbaar om jou besonderhede met ons te deel.
