Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
PN-Raad vir 2027 bekendgestel
Sien sosiale posHoërskool Pretoria-Noord stel met trots die PN-Raad vir 2027 bekend.
Baie geluk aan elke leerder wat verkies is om op die PN-Raad te dien. Hierdie besondere eer bring ook ’n groot verantwoordelikheid mee: om met integriteit, trots en toewyding op te tree en ’n positiewe voorbeeld vir medeleerders te wees.
Ons vertrou dat hierdie jong leiers saam ’n betekenisvolle verskil sal maak, nuwe idees sal laat groei en die waardes en gees van PNHS met trots sal uitdra.
Ons wens die PN-Raad alle voorspoed toe en sien uit na die besondere bydrae wat hulle gedurende 2027 tot ons skoolgemeenskap sal lewer.
