Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Onder 15's kroon hul seisoen met Blou Bulle-titel!
Sien sosiale posHoërskool Pretoria-Noord het op Saterdag, 25 Julie 2026, 'n dag van uitsonderlike skole-rugby beleef toe drie van ons spanne in die Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging se Afdeling 2-eindstryde meegeding het.
Hoërskool Pretoria-Noord het op Saterdag, 25 Julie 2026, ‘n dag van uitsonderlike skole-rugby beleef toe drie van ons spanne in die Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging se Afdeling 2-eindstryde meegeding het.
Die hoogtepunt van die dag was ons Onder 15-rugbyspan, wat ná ‘n opwindende en gelykop wedstryd Hoërskool Die Wilgers met ‘n klein marge geklop het om as Blou Bulle Hoërskole Rugby Afdeling 2-kampioene gekroon te word. Die span het deur die seisoen merkwaardige karakter, vasberadenheid en spanwerk getoon – eienskappe wat met ‘n welverdiende kampioenskap beloon is.
Ons Onder 16-span het ‘n uitstekende seisoen afgesluit deur die eindstryd te haal. Hoewel hulle uiteindelik teen Hoërskool Wonderboom moes vasbyt, kan die spelers en afrigters met trots terugkyk op ‘n seisoen waarin hulle hul skool met onderskeiding verteenwoordig het.
Die dag is afgesluit met ‘n ware riller toe die Swartleeus teen HTS John Vorster te staan gekom het. In ‘n wedstryd wat tot die laaste oomblik in die weegskaal was, het PNHS met alles geveg, maar die eindtelling van 20–21 het ongelukkig in die guns van HTS John Vorster geëindig. Die span se veggees, deursettingsvermoë en trots waarmee hulle die swart en blou verteenwoordig het, het egter die respek van almal afgedwing.
Hoërskool Pretoria-Noord spreek sy opregte dank uit aan elke speler, afrigter, spanbestuurder, ouer, ondersteuner, oudleerder, borg en vrywilliger wat hierdie seisoen en finaaldag moontlik gemaak het. Julle onwrikbare ondersteuning en betrokkenheid het ‘n onskatbare bydrae tot die sukses van ons rugbyprogram gelewer.
Met die Blou Bulle-eindstryde nou agter die rug, verskuif die fokus na die volgende uitdaging. Hoërskool Pretoria-Noord sien daarna uit om op Saterdag, 1 Augustus 2026, die Noordvaal-rugby op ons tuisveld aan te bied, waar ons spanne weer met trots die skool se kleure sal uitdra.
