Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Jukskei Prestasies 2025/2026
Sien sosiale posSewe PNHS leerders het in Desember verskillende provinsies by die SA Junior Jukskeispele in Kroonstad verteenwoordig – met uitstekende erkenning vir drie van ons leerders op nasionale vlak.

P van der Westhuizen, MP O’ Grady, Tyler Neveling, Nicole Guelpa, Anuske van Dyk-Stroebel, Kylie Steyn en Zoë Jonker. Agter: Oom Gerhard Neveling (afrigter).
In Desember het hierdie sewe PNHS leerders verskillende provinsies by die SA Junior Jukskeispele in Kroonstad verteenwoordig.

By die Jukskeispele is Tyler Neveling gekies vir die SA Junior o/16A seunsspan. Anuske van Dyk-Stroebel is gekies vir die SA Meisies Junior Akademiespan en Zoë Jonker vir die SA Meisies Akademie Uitnodigingspan. (In volgorde soos op die foto saam met oom Gerhard Neveling (afrigter).)
