Waarna is jy opsoek?



Ons atlete het Vrydag gewys dat interhuis oor meer as net wen gaan - dit gaan oor deelname, spangees en om jou beste te gee.



Page image

Interhuis 2026

Interhuis Vrydag - deelname in aksie!

Ons atlete het Vrydag gewys dat interhuis oor meer as net wen gaan - dit gaan oor deelname, spangees en om jou beste te gee.

Elke deelnemer het bygedra tot ‘n ongelooflike dag op die baan!

Atletiek is meer as net wedlope - dit is lag, aanmoediging en spangees wat ons bind. Een span. Een hart.

Baie geluk, Atlete!

Baie geluk aan al die atlete wat deelgeneem het aan die interhuis atletiek op Vrydag, 16 Januarie 2026. Elke deelnemer is ‘n wenner - ons is ongelooflik trots op julle!

Baie geluk aan die leerders wat uitstekend presteer het. Ons sien uit daarna om julle vordering deur die atletiekseisoen te volg:

Juniors

Jadon Robertson – Junior Victor & Veelsydigste Seun.
Jeanique Huygen - Junior Victrix.
Miandri Ysel - Veelsydigste Dogter.

Seniors

Leana Bezuidenhout - Beste Dogter Baanatleet.
Mia Rynners - Beste Dogter Veldatleet.
Simoné de Koker – Victrix Ludorum.
Matthew Roselt - Beste Seun Baanatleet.
Divan Botha - Beste Seun Veldatleet & Senior Victor Ludorum.

Atletiekinterhuis – Rekordprestasies!

Ons leerders het behoorlik geskitter by die atletiekinterhuis en verskeie rekords is opgestel.

Simoné de Koker (D o/19)

  • 1500 m – 05:17.08 (629 punte)
  • 3000 m – 11:46.00 (782 punte)

Neil Botha (S o/15)

  • Verspring – 5.83 m (720 punte)

Divan Botha (S o/16)

  • Diskus – 47.08 m (809 punte)

Diwan Vermaak (S o/14)

  • 200 m – 25.03 (577 punte)

Marko Olivier (S o/15)

  • 200 m – 24.30 (614 punte)

Jadon Robertson (S o/15)

  • 200 m – 23.54 (680 punte)
  • Verspring – 5.88 m (732 punte)

Baie geluk aan al ons rekordhouers – ons is trots op julle!

Baie geluk aan elke wenner - hou bene, hou!

Ons sien uit na nog uitstekende prestasies!



Gallery




Terug

Kopiereg © 2026 PNHS. Alle regte voorbehou. Webtuiste ontwerp deur WebBest.