Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Hokkie sluit die seisoen op ‘n hoogtepunt af!
Sien sosiale posHoërskool Pretoria-Noord se hokkiedogters kan met trots terugkyk op 'n uitstekende 2026-seisoen. Hierdie jaar was een van groei, deursettingsvermoë en besonderse prestasies wat die skool se hokkieprogram verder versterk het.
‘n Groot hoogtepunt van die seisoen was die bevordering na die B-Bond, ‘n bewys van die harde werk, toewyding en talent van ons spelers, afrigters en spanbestuurders.
Ons is ook besonder trots daarop dat twee van ons spanne vir die Noordvaal-toernooi gekwalifiseer het. Die o.16-dogterspan het ‘n uitstekende 6de plek behaal, terwyl ons eerste dogterspan die toernooi met ‘n verdienstelike 8ste plek afgesluit het.
Baie geluk aan al ons hokkiedogters met hierdie besonderse prestasies. Julle het Hoërskool Pretoria-Noord met trots, passie en sportmangees verteenwoordig. ‘n Opregte woord van dank en waardering ook aan ons afrigters en spanbestuurders vir julle onbaatsugtige ondersteuning, leiding en toewyding deur die seisoen.
Baie geluk met ‘n seisoen waarop die hele PNHS-gemeenskap trots kan wees. Die toekoms van PNHS-hokkie lyk besonder belowend!
