Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Hokkie Liga Wenners 2026
Sien sosiale posPNHS se Hokkietrots! Baie geluk aan ons Eerstespan Seuns, Eerstespan Dogters, Tweedespan Dogters en O/16A Dogterspan wat almal as Ligawenners gekroon is!
HOKKIE Liga Wenners 2026
PNHS se Hokkietrots!
Baie geluk aan ons Eerstespan Seuns, Eerstespan Dogters en O/16A Dogterspan wat almal as Ligawenners gekroon is! Julle harde werk, toewyding en spangees het vrugte afgewerp en ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie.
Ons Eerstespan Dogters en O/16A Dogters sal nou Hoërskool Pretoria-Noord in die Noordvaal-reeks verteenwoordig wat in Springs en by Hoërskool Oos-Moot plaasvind.
Baie sterkte, dames! Speel met trots, geniet elke oomblik en wys die Noordvaal waaruit PNHS-hokkie gemaak is.
PNHS se Tweedespan Hokkie Dogters is Liga-wenners!
Baie geluk aan ons tweedespan hokkie dogters wat as mede-ligawenners saam met Afrikaans Hoër Meisieskool gekroon is!
Julle harde werk, toewyding en spangees deur die seisoen het vrugte afgewerp. Dankie dat julle die Wapad met trots verteenwoordig en bewys het dat sukses deur deursettingsvermoë en samewerking bereik word.
Baie geluk, dames! PNHS is ongelooflik trots op julle prestasie.
