Waarna is jy opsoek?


Goud vir ons sagtebalsterre!


Hoërskool Pretoria-Noord is trots om aan te kondig dat vier van ons sagtebalspelers aan die Nasionale Klubkampioenskappe in Polokwane deelgeneem het.



Page image

Hoërskool Pretoria-Noord is trots om aan te kondig dat vier van ons sagtebalspelers aan die Nasionale Klubkampioenskappe in Polokwane deelgeneem het:

  • Jayden Neethling
  • Arno Schreuder
  • Nathan Oosthuizen
  • JG van Niekerk

Mnr. JP Pienaar, Pierre Neethling, Gerhard van Niekerk en Theo Bouwer het ook saam met die seuns aan die toernooi deelgeneem.

Die span het uitstekend gevaar en is as die 2026-klubkampioene gekroon. Jayden Neethling is boonop as die beste pitcher aangewys, terwyl Arno Schreuder die besondere prestasie behaal het om as die tweede beste catcher aangewys te word.

Danksy hierdie puik prestasie sal die span Suid-Afrika in 2027 as klub in Botswana verteenwoordig.

Baie geluk aan elke speler en afrigter met hierdie uitsonderlike prestasie. PNHS is trots op julle harde werk, toewyding en die wyse waarop julle ons skool se naam hoog hou.



Gallery




Terug