Waarna is jy opsoek?

Ficardo Morgan maak PNHS trots

Hoërskool Pretoria-Noord wens Ficardo Morgan geluk met sy uitsonderlike prestasie tydens die 2026 O.18-Interprovinsiale Toernooi (IPT), waar hy tot die Dream Team verkies is.

Page image

Hoërskool Pretoria-Noord wens Ficardo Morgan geluk met sy uitsonderlike prestasie tydens die 2026 O.18-Interprovinsiale Toernooi (IPT), waar hy tot die Dream Team verkies is.

Sy prestasie het ook die aandag van die NWU Rugbyinstituut by die Vanderbijlpark-kampus getrek. Ficardo het ’n amptelike uitnodiging ontvang om ’n moontlike rugbybeurs, koshuisakkommodasie en tersiêre studiegeleenthede te bespreek. Hierdie geleentheid kan ’n ontwikkelingspad na toekomstige deelname aan die Varsitybeker-reeks bied.

Ons is trots op Ficardo se harde werk, toewyding en die wyse waarop hy PNHS se naam op die rugbyveld hoog hou. Ons wens hom alle sterkte toe met die geleenthede wat voorlê en sien uit om sy rugbyreis te volg.

Voor in die Wapad Brand ’n Lig!

Gallery

Terug