Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Eerste Fast Five by PNHS ’n groot sukses
Sien sosiale posHoërskool Pretoria-Noord het met groot opgewondenheid vir die eerste keer ’n Fast Five-netbaldag aangebied. Dit was ’n dag gevul met vinnige netbal, goeie kompetisie, hope gees en sommer baie pret.
Hoërskool Pretoria-Noord het met groot opgewondenheid vir die eerste keer ’n Fast Five-netbaldag aangebied. Dit was ’n dag gevul met vinnige netbal, goeie kompetisie, hope gees en sommer baie pret.
Ons bedank graag elke skool, speler, afrigter en ondersteuner wat deel van hierdie besondere dag was. ’n Spesiale woord van dank gaan ook aan ons borge vir hul waardevolle ondersteuning en betrokkenheid. Sonder elkeen se bydrae sou die dag nie dieselfde sukses gewees het nie.
Verskeie spanne en spelers het gedurende die dag uitgeblink en is vir hul prestasies vereer.
Spanwenners:
- Beste O.13-span: Die Poort
- Beste O.15-span: Menlopark
- Beste O.18-span: Menlopark
- Geestrofee: Hoërskool Wagpos Seniors
Individuele toekennings:
- Beste O.13-speelster: Lanae Botha – Laerskool Totiusdal
- Beste O.15-speelster: Avah du Plessis – Hoërskool Garsfontein
- Beste O.18-speelster: Petra Burger – Hoërskool Garsfontein
- Skeidsregter van die dag: Prince
Baie geluk aan al die wenners en elke speler wat die baan betree en hul beste gelewer het.
Die eerste Fast Five by PNHS is beslis een vir die boeke! Ons is dankbaar vir almal wat saam met ons hierdie nuwe geleentheid afgeskop het en sien reeds uit na nog baie Fast Five-aksie in die toekoms.
Dankie dat julle deel was van ’n lekker, energieke en onvergeetlike dag by PNHS!
