Waarna is jy opsoek?


PNHS se trots dra die groen en goud!


Baie geluk aan Arno Schreuder, Nathan Oosthuizen en Jayden Neethling wat gekies is om Suid-Afrika se O/18 Mans Sagtebalspan te verteenwoordig tydens die WBSC Africa O/18 Mans Afrika-Kwalifiseringstoernooi, wat van 9–11 Julie 2026 plaasvind.



Page image

DRIE PNHS-LEERDERS. EEN SUID-AFRIKAANSE SPAN. WAT ‘N PRESTASIE!

Wat ‘n ongelooflike trotse oomblik vir Hoërskool Pretoria-Noord!

Met groot opgewondenheid kondig ons aan dat drie van ons leerders gekies is vir die Suid-Afrikaanse O/18 Sagtebalspan.

Baie geluk aan:

  • Jayden Neethling
  • Nathan Oosthuizen
  • Arno Schreuder

Hierdie uitsonderlike prestasie is die beloning vir jare se harde werk, deursettingsvermoë, opoffering en passie vir die spel. Julle het nie net jul eie drome verwesenlik nie, maar ook die naam van Hoërskool Pretoria-Noord met trots op die nasionale verhoog geplaas.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Mag hierdie net die begin wees van nog vele hoogtepunte in julle sportloopbane.

Baie geluk, manne! Julle is ware ambassadeurs van PNHS en Suid-Afrika. Ons wens julle alle sterkte toe terwyl julle die groen en goud met trots gaan dra.

Voor in die Wapad brand ‘n lig!



Gallery




Terug