Waarna is jy opsoek?

PNHS se trots dra die groen en goud!

Baie geluk aan Arno Schreuder en Jayden Neethling wat gekies is om Suid-Afrika se O/18 Mans Sagtebalspan te verteenwoordig tydens die WBSC Africa O/18 Mans Afrika-Kwalifiseringstoernooi, wat van 9–11 Julie 2026 plaasvind.

Page image

Arno en Jayden

Baie geluk aan Arno Schreuder en Jayden Neethling wat gekies is om Suid-Afrika se O/18 Mans Sagtebalspan te verteenwoordig tydens die WBSC Africa O/18 Mans Afrika-Kwalifiseringstoernooi, wat van 9–11 Julie 2026 plaasvind.

Hierdie toernooi dien as die kwalifisering vir die WBSC O/18 Mans Sagtebal Wêreldbeker, en dit is ‘n besondere prestasie om jou land op hierdie vlak te mag verteenwoordig.

Arno en Jayden, julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë word raak gesien. Die hele PNHS-gemeenskap is ongelooflik trots op julle en wens julle en die Suid-Afrikaanse span alle sterkte toe.

Dra die groen en goud met trots. PNHS staan agter julle!

Gallery

Terug