Mnr. en Mej. PNHS 2026
Baie geluk aan ons nuut gekroonde Mnr. en Mej. Pretoria-Noord 2026! Julle verteenwoordig die ware Maroelapit-gees met trots, styl en karakter. Ons is ongelooflik trots op julle!
Baie geluk aan ons nuut gekroonde Mnr. en Mej. Pretoria-Noord 2026! Julle verteenwoordig die ware Maroelapit-gees met trots, styl en karakter. Ons is ongelooflik trots op julle!
Hoërskool Pretoria-Noord is ook aangewys as die beste dogters atletiek-span van die dag en dan die wenners van die dag.
Sewe PNHS leerders het in Desember verskillende provinsies by die SA Junior Jukskeispele in Kroonstad verteenwoordig – met uitstekende erkenning vir drie van ons leerders op nasionale vlak.
PNHS se swemmers het by die Interhoër te Hillcrest op 18 Februarie 2026 uitstekend presteer met verskeie 1ste, 2de en 3de plekke.
Hoërskool Pretoria-Noord is ongelooflik trots op Juffrou Erasmus, wat beloon is met 1ste plek in die Stadscluster vir Wiskunde!
Na twee ongelooflike aande van die Groentjie-konsert is ons Maroelapitte nou amptelik deel van die Pretoria-Noord Hoërskool-familie.
Welkom Graad 8’s. Julle reis het pas begin, en ons is so bly dat julle deel is van ons familie.
Ons atlete het Vrydag gewys dat interhuis oor meer as net wen gaan - dit gaan oor deelname, spangees en om jou beste te gee.