Swem

Swem borrel deur die are van die PNHS swemspan.
PNHS is deel van die Tshwane D-Liga. Swem het ‘n kort seisoen waar ons slegs die eerste paar weke van Kwartaal 1 oefen en aan verskeie liga’s deelneem. Ons sluit dan die swemseisoen af met die Swem Interhoër.
Interhuis, drie liga byeenkomste en die Interhoër is die hoogtepunte waarna PNHS se swemspan van 2026 kan uitsien.
Deur die 2025 seisoen het ons swemmers 10 eerste plekke, 32 tweede plekke en 25 derde plekke verower.
(Afrigters/personeel betrokke)
Organiseerder: Me. C. Williamson
Hulp organiseerder: Me. K. Mon
Afrigter: Ivander Coetzee