Waarna is jy opsoek?


Skaak


Skaak

Spanne neem aan die individuele D15- sowel as D15-span en -ontwikkelingsligas deel asook die PUK16 reeks in Potchefstroom. Beide individuele- en spanligawedstryde is die eerste stap na Top-skole, provinsiale en uiteindelik nasionale deelname.


Skaakoefeninge vind plaas op:
Maandae en Dinsdae van 14:15 tot 15:30 in kamer 78 en by die buitelugborde.

Spanne neem aan die individuele D15- sowel as D15-span en -ontwikkelingsligas deel. Beide individuele- en spanligawedstryde is die eerste stap na Top-skole, provinsiale en uiteindelik nasionale deelname.

Ons neem ook deel aan die PUK16 reeks in Potchefstroom.

Die skool gee ook geleentheid vir die spelers om aan Waterkloof se Kings and Queens Clash Toernooi deel te neem.

In 2027 gaan ons ook aan aflos-spanskaak deelneem. Ons het ‘n senior, junior en dogterspan reeds ingeskryf.

Ons afrigters vir 2027

Mev. A. Petrowski

Hoogtepunte en prestasies van 2026

Met ons deelname aan die PUK-reeks in Potchefstroom, het ons skaakspan ’n vyfde plek behaal.

Chayce Barlow is ook as ‘n bordwenner in sy posisie aangewys.

Twee spelers het ook tydens die distrikskampioenskappe uitgeblink. Santiago Bezuidenhout het ’n vyfde plek behaal, terwyl Lex Bowles sewende geëindig het. Albei spelers het gevolglik vir die Gautengse Individuele Finaal gekwalifiseer. 

Lex Bowles het in die 0/19 afdeling deelgeneem en elfde plek in Gauteng behaal.

Skaak word ook informeel tydens pouses op die twee buitelug skaakstelle gespeel – dit sorg vir groot pret! 



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus



Gallery



Terug