Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Netbal
PNHS Netbal gee elke dogter die geleentheid om haar potensiaal uit te leef deur geesdriftige en kwaliteit afrigting.
Hoërskool Pretoria-Noord spog met vyf pragtige weervaste netbalbane met spreiligte. Die bane word gereeld opgegradeer en is ‘n aanwins vir ons skool.
Netbal 2025 oorsig
Daar is heerlik gekuier tydens ons netbal-ouerbraai waar belangrike inligting met ouers gedeel is. Pretoria-Noord netbal bestaan uit 11 spanne. Die netbalspanne neem jaarliks deel aan die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga wat saamgestel is uit 3 verskillende distrikte. Die O/15-span neem deel aan die Kay Motsepe toernooi. Die laaste wedstryde word begin Junie by die Tshwane uitspele gespeel.
Speelsters neem ywerig deel aan die netbal kliniek op 27,28 Januarie asook 3 Februarie. Hierdie kliniek dien as voorbereiding vir die seisoen wat voorlê.
Proewe vind plaas op 1 Februarie 2025, waar ‘n span bekwame keurders die afrigters help met spankeuses en posisieplasings.
Die PNHS Netbal Akademie is aktief betrokke by talle projekte om ons netbal te bevorder. Baie dankie vir al julle ondersteuning!
Op 22 Februarie bied PNHS ook met trots ‘n Laerskole Rugby- en netbaldag aan waar 0/13A speelsters deelneem.
Op 27 Februarie vind ons spoggerige Wintersport 1ste span inhuldigingsfunksie plaas waar ons netbal 1ste span ook heerlik bederf word.
Al die A-spanne neem vanaf 28 Maart – 1 April aan die Menlo-toernooi deel.
Afrigters span vir 2026:
Organiseerder: Melanie Lindeque
Hulp-organiseerder: Krizel Langenhoven
Tegniese tafel: Tehilah de Beer
Sportkoördineerder: Johan Schoeman
Afrigters:
0/14 A: Krizel Langenhoven
0/14 B: Kimberley Breedt
0/14 C: Luriska Venter-Krüger
0/15 A: Chantal Steenkamp
0/15 B: Chandré Bezuidenhout
0/15 C: Elske du Toit
0/16 A Mienke Kroukamp
0/16 B: Tuané Botma
0/17 A: Nelmari Driescher
Tweede span: Melisa Kotzé
Eerste span: Eugene Kroukamp
Amorie Scheepers (hulp by 0/19A en B)
Die NWU-16 reeks se bepalings vir 2026 is soos volg:
- 28 Februarie: Standerton vs PNHS
- 7 Maart: Ben Viljoen vs PNHS
- 14 Maart: PNHS vs Ellisras
- 12 April: Semi-finale te Ben Viljoen
- 25 April: Finale te Potchefstroom
Die Jubilee liga reeks se bepalings is soos volg:
Woensdag: 15 April teen Wonderboom (tuis)
Woensdag: 22 April teen Sutherland (tuis)
Woensdag: 29 April teen Cornwall Hill (weg)
Woensdag: 6 Mei teen Prestige College (tuis)
Vrydag: 15 Mei teen Centurion (weg)
Woensdag: 20 Mei teen Midstream (weg)
Vrydag: 22 Mei teen Overkruin (weg)
Woensdag: 27 Mei teen Sutherland (tuis)
A-spanne woon die oefenkamp en toernooi by vanaf 30 Maart – 2 April 2026 te Sportisimo.
Gedurende Augustus neem ons ook aan die Fast 5 liga deel.
Die netbalseisoen van 2025 het vele suksesse opgelewer. Ons gaan beslis daarop voortbou. Ons netbalspanne oefen regdeur die jaar om te verseker dat ons fiks en gereed is vir die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga.
Ons sien uit na die 2026 se netbalseisoen!
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Netbal - 2024
Die netbalseisoen van 2024 het vele suksesse opgelewer. Ons gaan beslis daarop voortbou. Ons netbalspanne oefen regdeur die jaar om te verseker dat ons fiks en gereed is vir die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga. Op 1 Februarie het ons ‘n suksesvolle ouer-netbal-inligtingsbraai gehad. Op 10 Februarie is dit ons groot interne proewe dag waar elke speelster die geleentheid kry om haarself te bewys. Ons bied ook met trots ‘n Laerskole Rugby- en netbaldag aan op 17 Februarie waar 0/13A speelsters deelneem. Hou asb ons facebook blad dop vir verdere datums.
Ons sien uit na die res van 2024 se netbalseisoen en ons voorbereidings vir 2025!
